Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

Cheetahs nog Cornal-loos

Posted on Tuesday, 13 Nov 2012

Cheetahs nog Cornal-loos

BLOEMFONTEIN. – Die Toyota Cheetahs se vergrote Superrugby-groep het gister hier sonder die Blitsbok Cornal Hendricks saamgetrek.

Al die sentrale streekspan se aanwinste behalwe Hendricks het hulle aangemeld en op hul eerste dag fiksheidstoetse afgelê.

’n Groep van 50 Toyota Cheetahs, wat beseerdes insluit, het die eerste keer byeengekom.


Hendricks se toekoms is steeds onseker nadat hy onlangs die middelpunt van ’n toutrekkery tussen die Toyota Cheetahs en die Blitsbokke geword het. Die vleuel is in die Blitsbokke se groep ingesluit, maar het volgens die Toyota Cheetahs ’n geldige kontrak met hulle gesluit.


Volgens Sport24 se bronne wil Hendricks, wat gister nog saam met die Blitsbokke in Stellenbosch was, graag Super-rugby speel en word steeds gewag om die dispuut op te los.

Naka Drotské, die Toyota Cheetahs se afrigter, sal 11 nuwelinge in 2013 se Super-reeks kan oorweeg.


Hulle is die loskopstut Caylib Oosthuizen (Lions), haker Torsten van Jaarveld (Pumas), vaskopstut Rossouw de Klerk (Bulls), slot Lodewyk de Jager (Luiperds), losvoorspeler Tertius Daniller (Westelike Provinsie), losskakel Elgar Watts (Boland), senters Joubert Engelbrecht (Luiperds) en Johann Sadie (Bulls), asook Hendricks (Blitsbokke en Boland).

Die senter JP Nel (NTT Communica­tions in Japan) en losskakel Hansie Graaff (Tshwane-universiteit van Tegnologie) het hulle in 2012 by onderskeidelik Griekwas en Griffons aangesluit en nog nie vir die Toyota Cheetahs Super-rugby gespeel nie.


“Al die nuwe ouens het hulle aangemeld. Vandag is hulle deur Niel (du Plessis, die Toyota Cheetahs se fiksheidsafrigter) getoets. Ons sal môreoggend (vandag) ons eerste veldsessie hê,” het Drotské gesê.


Altesaam 17 spelers van die Poubloues is in die Super-groep.

Graaff is die enigste speler van die Griffons, maar kan vanweë sy veelsydigheid iets werd wees.

Poubloues wat ongelukkig is om nie die groep te haal nie, is die senter Walter Venter, vleuel Luzuko Vulindlu en losvoorspeler Wesley Wilkins.

De Jager, wat verlede week as die Luiperds se o.21-Speler van die Jaar aangewys is, verskaf slot-diepte. Martin Muller is die gunsteling om die nr.?5-trui te dra, met Waltie Vermeulen wat hom goeie mededinging sal gee.

Beseerdes in die groep is die stut Coenie Oosthuizen (rug), slot Andries Ferreira (knie), losskakel Johan Goosen (knie), losvoorspelers Heinrich Brüssow (skouer), Philip van der Walt (knie) en Lappies Labuschagné (enkel). 

*Die Toyota Cheetahs se vergrote groep is: 

Voorspelers: Steph Roberts, Caylib Oosthuizen, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Lourens Adriaanse, Rossouw de Klerk, Ryno Barnes, Adriaan Strauss, Hercu Liebenberg, Torsten van Jaarsveld, Ligtoring Landman, Francois Uys, Andries Ferreira, Edwin Hewitt, Martin Muller, Waltie Vermeulen, Lodewyk de Jager, Marnus Schoeman, Lappies Labuschagné, Heinrich Brüssow, Boom Prinsloo, Justin Downey, Davon Raubenheimer, Philip van der Walt, Leon­ Karemaker, Tertius Daniller.

Agterspelers: Marnus Hugo, Sarel Pretorius, Pieter van Zyl, Tewis de Bruyn, Johan Goosen, Francois Brummer, Hansie Graaff, Elgar Watts, Barry Geel, Robert Ebersohn, Joubert Engelbrecht, Jean Stemmet, Johann Sadie, JP Nel, Rocco Jansen, Raymond Rhule, Cornal Hendricks, Jannie Boshoff, Dusty Noble, Rayno Benjamin, Nico Scheepers, Willie le Roux, Hennie Daniller, Riaan Smit. 

Share this article: