Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

Media Verklaring

Posted on Tuesday, 13 Nov 2012

Media Verklaring

 

Vrystaat Cheetahs Evaluering

Die Direksie van die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. en die Vrystaatse Rugby-unie doen kwartaalliks en jaarliks deeglike evaluering van alle aktiwiteite.

Die afgelope Absa Curriebeker seisoen het nie na wense verloop nie en daar sal nou ‘n meer indringende evaluasie proses plaasvind.   Daar sal op alle aspekte van die maatskappy en unie se werksaamhede gefokus word en alle rolspelers sal betrek word.

Die Maatskappy en die Unie benader al sy aktiwiteite baie professioneel en is ook teleurgesteld in die Absa Curriebeker seisoen.  Daar is wel seker aspekte van die werksaamhede van die maatskappy wat nie volgens die direkteure en unielede professioneel genoegsaam is nie, wat gevalueer sal word.

Ons kyk veral na spelaangeleenthede, mediese aspekte asook die algemene bestuur en bemarking van ons produk.  Ons sal ook van SARU se kundigheid gebruik gemaak word. 

 

Vrystaatse Rugby-unie sal ook opnuut na die bydraes en ondersteuning van al sy rolspelers kyk.

 

Die proses het reeds ‘n aanvang geneem  en sal nou verder gevoer word en so spoedig moontlik voltooi word sodat die spanbestuur en spelers op die Super Rugby toernooi wat op hande is kan fokus.

 

Super Rugby oefengroep

‘n Groep van 52 spelers het op Maandag, 12 November in Bloemfontein bymekaar gekom vir ‘n voorseisoen oefenkamp, met die oog op voorbereidings vir die 2013 Super Rugby kompetisie. 

Die spelers is:

Naam

Van

Unie

Lourens

Adriaanse

Griekwas

Ryno

Barnes

Griekwas

Ryno

Benjamin

Vrystaat Cheetahs

Jannie

Boshoff «

Griekwas

Francois

Brummer

Griekwas

Heinrich

Brussow

Vrystaat Cheetahs

Tertius

Daniller ?

Vrystaat Cheetahs

Hennie

Daniller

Vrystaat Cheetahs

Tewis

De Bruyn

Vrystaat Cheetahs

Lodewyk

De Jager ?

Vrystaat Cheetahs

Rossouw

De Klerk ?

Vrystaat Cheetahs

Justin

Downey

Griekwas

Robert

Ebersohn

Vrystaat Cheetahs

Joubert

Engelbrecht ?

Vrystaat Cheetahs

Andries

Ferreira

Vrystaat Cheetahs

Barry

Geel

Vrystaat Cheetahs

Johan

Goosen

Vrystaat Cheetahs

Hansie

Graaff «

Griffons

Edwin

Hewitt «

Griekwas

Marnus

Hugo

Griekwas

Cameron

Jacobs

Vrystaat Cheetahs

Rocco

Jansen

Griekwas

Leon

Karemaker

Griekwas

Pieter

Labuschagne

Vrystaat Cheetahs

Ligtoring

Landman «

Griekwas

Willie

Le Roux

Griekwas

Hercu

Liebenberg

Vrystaat Cheetahs

Kevin

Luiters

Vrystaat Cheetahs

Martin

Muller

Vrystaat Cheetahs

JP

Nel «

Griekwas

Dusty

Noble

Griekwas

Jongi

Nokwe

Vrystaat Cheetahs

Trevor

Nyakane

Vrystaat Cheetahs

Coenie

Oosthuizen

Vrystaat Cheetahs

Cylib

Oosthuizen ?

Vrystaat Cheetahs

Sarel

Pretorius

Vrystaat Cheetahs

Boom

Prinsloo

Vrystaat Cheetahs

Davon

Raubenheimer

Vrystaat Cheetahs

Raymond

Rhule

Vrystaat Cheetahs

Steph

Roberts «

Griekwas

Johan

Sadie ?

Vrystaat Cheetahs

Nico

Scheepers

Vrystaat Cheetahs

Marnus

Schoeman

Griekwas

Riaan

Smith

Vrystaat Cheetahs

Jean

Stemmet

Griekwas

Adriaan

Strauss

Vrystaat Cheetahs

Francois

Uys

Vrystaat Cheetahs

Schalk

Van der Merwe

Vrystaat Cheetahs

Philip

Van Der Walt

Vrystaat Cheetahs

Torsten

Van Jaarsveld ?

Vrystaat Cheetahs

Piet

Van Zyl

Vrystaat Cheetahs

Waltie

Vermeulen

Vrystaat Cheetahs

Elgar

Watts ?

Vrystaat Cheetahs

 

? Nuut gekontrakteerde spelers by die Toyota Vrystaat Cheetahs

«Spelers wat vir die eerste keer by die Toyota Cheetahs oefen

Die verkleinde groep van 35 spelers sal nader aan die begin van die kompetisie gekies word.  Die Toyota Vrystaat Cheetahs speel hul eerste Vodacom Super Rugby wedstryd op Saterdag, 23 Februarie 2013 teen die Sharks in Bloemfontein.

George Sewes Toernooi

Die Sentrale streek stuur ‘n franchise span na die Sewes toernooi wat vanjaar van 13 tot 15 Desember in George aangebied word.  Mnr. Hawies Fourie is aangewys as die afrigter met Niel du Plessis as die fiksheidsdeskundige.  Arni van Rooyen van die Griekwas is die spanbestuurder en Monty Engelbrecht ook van Griekwas is die mede-afrigter. 

Top spelers van die Super Rugby franchise sal beskikbaar wees vir die groep.  ‘n Groep spelers het Dinsdag begin oefen en oefen drie maal per week.  ‘n Finale sal op die 4de Desember aangekondig word. 

Die prysgeld om hierdie toernooi te wen is R1mil en sal tussen die spelers en die Maatskappy op ‘n basis verdeel word. 

Share this article: