Posted on Monday, 25 Nov 2013
Vrystaat Rugby is trots om aan te kondig dat Rory Duncan aangestel is as die nuwe bestuurder van Rugby. Hy is ook die hoofafrigter van die Toyota Vrystaat Cheetahs onder 21 span en die Toyota Vrystaat XV Vodacombeker span.
Duncan is ‘n oud-Cheetah speler en was kaptein van die Vrystaat Cheetah span wat in 2007 die Absa Curriebeker verower het. Hy het sy rugby loopbaan by die Sharks begin waar hy die span in 1991 en 2001 in die Vodacombeker kompetisie verteenwoordig het. Hy het daarna vir die OP Olifante gespeel voordat hy in 2006 by die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein aangesluit het. Duncan het tussen 2008 en 2010 in Japan rugby gespeel en ook vir die OP Kings voordat hy in 2011 sy aftrede aangekondig het. Na twee seisoene as hoofafrigter van Grey Hoërskool in Port Elizabeth sluit hy in Januarie amptelik in sy nuwe posisie by die Vrystaat aan.
Hoewel die Toyota Vrystaat Cheetahs Hawies Fourie se dienste vir volgende jaar se Absa Curriebeker verloor het, gaan hy steeds voort in sy hoedanigheid as hulpafrigter van die Toyota Cheetahs vir die komende Super Rugby reeks.
Die pos vir die agterlynafrigter van die Toyota Vrystaat Cheetahs vir die Absa Curriebeker is huidiglik nog vakant.
Vrystaat Rugby sien daarna om vir Rory te verwelkom.