Posted on Wednesday, 18 Jun 2014
Vrystaat Rugby het groot dank en waardering vir Philip van der Walt wat deur getroue spel en puik sportmangees ‘n altyd staatmaker vir die Toyota Cheetahs en Toyota Vrystaat Cheetahs was.
Dit is gister bevestig dat die agtsteman, Philip van der Walt, vrygestel is van sy kontrak met die Cheetahs. Van der Walt sal na afloop van die 2014 Vodacom SupeRugby seisoen in Julie by die Franse klubspan Biarritz aansluit en is dus nie vir die Toyota Vrystaat Cheetahs in die Absa Curriebeker kompetisie beskikbaar nie.
Sy agent Jan-Harm van Wyk se “Ek moet dit beklemtoon dat hy bitter gelukkig by die Vrystaat was. Uiteindelik was dit ‘n suiwer loopbaan besluit. Ons glo dit is ten voordeel van Philip.”
Hy sal gemis word en Vrystaat Rugby wens hom voorspoed toe met sy rugby loopbaan in Frankryk.