Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

Torsten nuwe leier van die Toyota Vrystaat Cheetahs-trop - Cheetah Bulletin 22

Posted on Tuesday, 22 Jul 2014

Torsten nuwe leier van die Toyota Vrystaat Cheetahs-trop - Cheetah Bulletin 22

Dit woel steeds op die rugbyfront! Kort op die aankondiging dat die Toyota Vrystaat Cheetahs vanjaar deur ‘n nuwe afrigtingspan vir die Curriebeker-seisoen gebrei sal word, kom die bekendmaking dat die Curriebeker-span deur ‘n nuwe kaptein aangevoer sal word.

 

Mnr. Rory Duncan, hoofafrigter van die Toyota Vrystaat Cheetahs se Curriebekerspan het, sedert die Blikore verlede Woiensdag die eerste keer vir die komende Curriebeker-seisoen saamgetrek het, nie gras onder sy voete laat groei nie en hy het gister sy kaptein vir dié kampanje aangestel: Torsten van Jaarsveld.

 

Torsten George van Jaarsveld is op 30 Junie 1987 in Windhoek gebore. Hy het egter sy matriek aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd, Pretoria, voltooi.

 

Hierdie veelsydige voorspeler – hy kan ewe gemaklik haker as losvoorspeler speel – is 1.75m lank en trek die skaal op ‘n stewige 100kg. Nadat Torsten in 2005 vir die Blou Bulle se Onder18-akademiespan uitgedraf en in die volgende seisoen vir die Valke se Onder19-span diens gedoen het, het hy Tukkies in 2008 in die Varsitybeker-kompetisie verteenwoordig.

 

In 2008 het Torsten vir die Pumas begin speel, hoofsaaklik as haker, hoewel hy dikwels ook op losvoorspeler uitgehelp het. Hy’t tussen 2008 en 2012 in 73 wedstryde vir die Pumas gespeel. In 2012 was hy ook lid van die SA Barbarians teen die besoekende Engelse haker gespeel.

 

Torsten het hom in 2013 by die Toyota Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein aangesluit. Hier het hy sy spel algaande na ‘n hoer vlak geneem. Hy’t aanvanklik vir die Vrystaat XV in die Vodacombeker-reeks gespeel en ná agt wedstryde – twee in 2013 as flank en 6 in 2014 op haker – het mnr. Naka Drotské hom in die laaste klompie Super-wedstryde van die 2014-seisoen in vyf kragmetings as ‘n veelsydige speler ingespan – as plaasvervanger-agtsteman, -haker en as ‘n flank.

 

Watter bedrywige rugbynaweek wêreldwyd was dit nie!

 

Die Haaie is deur na die halfeindronde van die Super15-kompetisie en hulle moet Saterdag in Christchurch ‘n stywe bult teen die sewemalige kampioen, die Crusaders, probeer uitklim eindstryd toe!

 

Griekwas is ná hul oorwinning van 57-12 oor die SWD Arende in George en hul onoorwonne rekord in die uitspeelfase om die agtste en laaste plek in die Premier-afdeling van die Curriebeker-kompetisie terug waar hulle hoort tussen die grotes in Suid-Afrikaanse rugby.

 

Én, tussendeur het die Onder18-hoërskoolspan van die Oostelike Provinsie die agtste keer sedert die eerste Cravenweek-toernooi in 1964 in Oos-Londen dié jaarlikse skoletoernooi in Middelburg, Mpumalanga, onoorwonne afgesluit deur die Suidwestelike Distrikte Saterdag in die hoofwedstryd met 25-7 te verslaan. In sy twee ander wedstryde verlede week het die OP ook met die Blou Bulle (26-25) en die Cheetahs 19-5 afgereken.

 

Die Onder21-spanne van die Westelike Provinsie en die Blou Bulle het hul segetog in Absa se kompetisie voortgesit deur onderskeidelik die Luiperds met 27-20 in Kaapstad en die Haaie met 52-25 in Pretoria ore aan te sit.

 

In die Onder 19-reeks het die WP en die Blou Bulle eweneens hul onoorwonne status teen onderskeidelik die Luiperds (39-12) en die Haaie (33-18) te klop.

 

Die vrouespanne van die Vrystaat en die Luiperds het groot oorwinnings in Groep 2 van die A-afdeling oor onderskeidelik die Griffons (74-15) op Oud-Greys se veld in Bloemfontein en oor die Limpopo Blou Bulle (59-17) in Seshego op hul telkaarte ingevul.

 

Jaco die skeidsregter in die

Super-halfeindstryd in Sydney

 

Én, om alles te kroon, het Sansar, beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond, het gister bekend gemaak dat ons eie Jaco Peyper, Saterdag die tweede Super-halfeindstryd – dié tussen die Waratahs, wat vanjaar bo-aan die puntelys geëindig het, en die Brumbies, ‘n tweemalige kampioen.

 

Dit sal Jaco se 48e Super-wedstryd as skeidsregter wees sedert hy in 2009 die eerste keer in die groot kompetisie begin blaas het. Die 34-jarige Jaco het in 2013 in die Super-kwarteindstryd tussen Crusaders en Reds in Christchurch geblaas.

 

Hy was knap 30 jaar oud toe hy op 26 Junie 2010 die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi vir Onder20’s tussen Nieu-Seeland en Engeland (NS wen 33-22) in Stadio Plebiscito, Padoa, Italië, beheer het.

 

Jaco was 32 jaar oud toe hy op 27 Oktober 2012 die Curriebeker-eindstryd – dié tussen die WP en die Haaie (WP wen 25-18) beheer het – die jongste skeidsregter wat ‘n Curriebeker-eindstryd beheer het.

 

Glen Jackson van Nieu-Seeland sal die ander Super-halfeindstryd tussen die Crusaders en die Haaie in Christchurch hanteer.

Waratahs en die Brumbies beheer.

 

Die volledige bepalings vir Saterdag se twee Super-halfeindstryde is:

 

Om 09:35 (SA tyd) – AMI-STADION, Christchurch: Crusaders teen Haaie: SKEIDSREGTER: Glen Jackson (NS); Reserwe-skeidsregter: Rohan Hoffmann; Assistent-skeidsregter: Mike Fraser; TV-skeidsregter: Ben Skeen.

 

Om 11:40 – ALLIANZ-STADION, Sydney: Waratahs teen Brumbies; SKEIDSREGTER: Jaco Peyper (SA); Reserwe-skeidsregter: Craig Joubert; Assistant-skeidsregter: James Leckie; TV-skeidsregter: George Ayoub.

 

As ‘n wedstryd Saterdag gelykop sou eindig, sal die volgende reëls geld:

 

Twee helftes van bykomende tyd van 10 minute elk sal gespeel word;

As sake steeds gelykop is, sal die valbyl-stelsel in bykomende tyd van 10 minute geld en die span wat dán eerste punte aanteken, wen;

As daar dán steeds geen wenner is nie, sal vyf stelskoppers van elke span aanlê pale toe.

 

 

 

Haaie agtste keer in halfeindstryd

 

Die Haaie is vanjaar die enigste Suid-Afrikaanse span wat ons land se vlag in die uitklopfase hoog moet gaan hou. Maklik gaan dit egter nie Saterdag in die AMI-stadion in Christchurch wees nie, want die Crusaders, ‘n sewemalige kampioen en die mees suksesvolle span in die bestaan van die kompetisie, staan breed in die Natallers se opmars na ‘n moontlike eindstryd.

 

Dit is egter slegs die tweede keer dat die Crusaders en die Haaie swaarde in ‘n halfeindstryd kruis, want in die vorige keer het die Kiwi’s in 1998 met 36-32 in Christchurch gewen.

 

Van die vorige sewe halfeindstryde het die Haaie teen die Reds (43-25), Katte (30-12), Blues (34-18) en die Stormers (26-19) geseëvier, maar teen die Crusaders, Blues (55-36) en Waratahs (28-13) verloor.

 

Die Haaie het gister ná ‘n vlug van 36 uur in Christchurch aangekom. Die Haaie het gewys hulle kan in die buiteland wen, want hulle het vroeër vanjaar drie van hul vier oorsese wedstryde gewen – onder andere teen die Crusaders in Christchurch met 30-25.

 

Sedertdien het die Crusaders vier van hul laaste vyf wedstryde gewen, onder andere met 34-8 oor die Highlanders, wat die Haaie die afgelope Saterdag in die kwarteindstryd in Durban laat sweet het voor dié Nieu-Seelandse span met 27-31 besgegee het. Twee strafdoele laat in die wedstryd deur Frans Steyn het die knoop net-net vir die Haaie teen die Highlanders deurgetrek.

 

In die ander halfeindstryd kom die twee Aussie-spanne, die Waratahs wat vanjaar bo-aan die puntelys geëindig het, teen die Brumbies, ‘n tweemalige kampioen, in Sydney te staan. Die Brumbies het die afgelope Saterdag die kampioen die afgelope twee jaar, die Chiefs, in Canberra met 32-30 uitgeknikker.

 

Die Waratahs het al twee keer in die eindstryd gespeel, maar telkens verloor. Die Brumbies was al vyf keer dáár, en het in 2001 en 2004 baasgespeel.

 

Dié twee spanne het vanjaar twee keer teen mekaar gespeel en albei het ‘n tuiswedstryd gewen: die Brumbies met 28-23 en die Waratahs met 39-8. Die Waratahs was hier teen die einde van die ligagedeelte van die kompetisie skitterend op stryk en het sewe wedstryde op ‘n streep gewen – onder andere dan die kragmeting teen die Brumbies in Sydney.

 

Die afgelope naweek se puntemakers is:

 

Haaie 31 (drieë: Marcell Coetzee, Bismarck du Plessis, Tonderai Chavhanga; doel: Frans Steyn 2; straf: Steyn 4); Highlanders 27 (drieë: Malakai Fekitoa, Kane Hames, Phil Burleigh; doel: Lima Sopoaga 3; straf: Sopoaga 2).

 

Brumbies 32 (drieë: Jarrad Butler, Jesse Mogg, Robbie Coleman, Nic White; doel: Christian Lealiifano 3; straf: Lealiifano); Chiefs 30 (drieë: Bundee Aki, Gareth Anscombe, Tawera Kerr-Barlow, Tim Nanai-Williams; doel/straf: Aaron Cruden 2).

 

 

 

Griekwas terug in Premier-liga

 

Griekwas is terug in die Premier-afdeling van die Curriebeker-kompetisie nadat hulle hul reeks kwalifiserende wedstryde onoorwonne afgehandel het. Dit was reeds met rustyd met die telling 31-0 seker dat Griekwas weer sou terug wees waar hulle hoort, want hulle moes toe bloot net die wedstryd teen die SWD Arende in George wen om voor die Luiperds te eindig.

 

Want Griekwas moes dié wedstryd met ‘n bonusdrie wen om die Luiperds om die eerste plek in die puntestand te klop. Griekwas was ná 63 minute reeds 57-0 voor en die Arende het hul punte in die laaste 9 minute gekry.

 

Én, die Luiperds het die reeks wedstryde op ‘n ongelooflike hoogtepunt afgesluit deur die Grens-Bulhonde in Potchefstroom met 103-15 te oorrompel.

 

Dit is die sewende grootste Curriebeker-sege in die geskiedenis, die Luiperds se derde grootste oorwinning en die derde keer dat die Mielieboere meer as 100 punte in ‘n eersterangse wedstryd aanteken.

 

Dit was die Grens se grootste nederlaag nadat Griekwas hulle in 2011 met 84-9 in ‘n Vodacombeker-wedstryd verslaan het.

 

Die Noordwesters se 15 drieë is die derde meeste tot nog toe in ‘n Curriebeker-wedstryd en die agtste keer dat ‘n span 15 drieë in ‘n Curriebeker-wedstryd druk.

 

André Pretorius, Springbok-losskakel en kaptein van die Luiperds, het 14 van die 15 drieë gedoel, wat die SA rekord vir die meeste doelskoppe in ‘n Curriebeker-wedstryd van vyf ander Suid-Afrikaners ewenaar. Met dié 28 punte het Pretorius sy eersterangse totaal tot 1 943 punte opgestoot.

 

Die Griffons het in die ander wedstryd die afgelope naweek met die Valke afgereken deur met 29-20 te seëvier. Die Griffons het derde in dié “kompetisie” geëindig. Louis Strydom, ervare plaasvervanger-losskakel, het met sy twee doel- en ‘n strafskop sy eersterangse totaal tot 1 674 punte opgestoot, en Japie Nel (senter) se twee drieë het sy Griffons-totaal tot 37 drieë opgestoot. Nicky Steyn, agtsteman en kaptein, se 45 drieë ná 99 wedstryde is die Griffons-rekord.

 

Die puntemakers is:

 

Luiperds 103 (drieë: Obi 4, Mahuza 4, Tossel 2, Maritz, Smit, Hanekom, Robertse, De Kock; doel: Pretorius 14); Grens 15 (drieë: Makase, Kobese; doel/straf: Banda).

 

SWD Arende 12 (drieë: Skosana, Du Plessis; doel: Van Vuuren); Griekwas 57 (drieë: Barnes 2, Greeff 2, Francke, Arendse, Van Dyk, Schoeman, Meyer; doel: Brummer 2, Scheepers 4).

 

Griffons 29 (drieë: Nel 2, Le Roux, Sithole; doel: Strydom 2, De Wet; straf: Strydom); Valke 20 (drieë: Kotze, Hendricks; doel/straf: Kotze 2).

 

Die finale puntestand

 

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Griekwas

6

6

0

0

246

101

145

36

14

0

4

28

Luiperds

6

5

1

0

356

141

215

51

16

1

6

27

Griffons

6

3

3

0

183

213

-30

25

30

1

5

18

SWD

6

3

3

0

163

245

-82

23

33

0

3

15

Boland

6

2

4

0

140

156

-16

17

21

2

2

12

Valke

6

2

4

0

193

223

-30

25

31

0

2

10

GHrens

6

0

6

0

118

320

-202

16

48

1

1

2

 

Cheetahs-vroue in ‘n omgekrapte luim

 

Die Vrystaatse vrouespan was Saterdag in ‘n erg omgekrapte luim toe hulle die Griffons in ‘n Groep 2-wedstryd van die A-afdeling met 74-15 op Oud-Greys in Bloemfontein verslaan het.

 

Dit was een van die Vrystaters se grootste oorwinnings tot nog toe.

 

Die Vrystaters, wat rustyd met 22-15 voor was, het veral ná die blaastydjie behoorlik vlamgevat en nóg 52 punte by hul totaal gevoeg sonder om punte af te staan. Die Vrystaters het 12 drieë gedruk.

 

Die puntemakers was: Vrystaat 74 (drieë: Marelize du Toit, Nomaphelo Mana 2, Merriam Nthlafu (kaptein), Kenalemang Mosala 2, Belinda Khlongwane, Kamohelo Makoele, Patricia Kok, Masabata Sempe, Nomakephu Makheta, ‘n strafdrie; doel: Nthlafu 3, Masole 4).

 

Griekwas het ‘n naelskraapse sege van 10-5 op Springbok teen die Valke behaal.

 

Ander uitslae is:

 

Limpopo Blou Bulle 17 - 59 Luiperds (Sesheg-stadion, Seshego); Boland 34 – 0 Goue Leeus (Boland-stadion, Wellington).

 

 

WP en Blou Bulle storm voort

 

Nadat hulle die vorige Saterdag ‘n 100-tal teen die Grens opgestapel het, het die Onder21-span van die WP afgelope Saterdag die Natallers in Kaapstad dit met 53-25 laat ontgeld met Kobus Marais (losskakel) op sy stukke met 28 punte.

 

Die uitslae en puntemakers is:

 

Blou Bulle 53 (drieë: Kefentse Mahlo, Kobus Marais, Marquit September, Neethling Fouché, Pierre Schoeman, Ruan Steenkamp; doel/straf: Marais 4; skep: Marais); Haaie 25 (drieë: Buzwe Mpotulo, Cameron Wright, Tyler Fisher; doel/straf: Tim Swiel 2).

 

Westelike Provinsie 27 (drieë: Eital Bredenkamp, Lihleli Xoli; doel: Robert du Preez; straf: Du Preez 5); Luiperds 20 (drieë: Andries du Plooy, Wilmar Arnoldi; doel: JJ du Plessis 2; straf: JJ du Plessis, Ryno Smith).

 

Goue Leeus 82 (drieë: Chris Newman, Christiaan Meyer, Damien Engledoe 2, Hanco Deale, Jacques Nel, Jannie Stander, Johannes Snyman, Koch Marx 2, Selom Gavor, Thabo Mabuza; doel: Deale 7, Ruan Janse van Rensburg 4); Grens 6 (straf: Devandré Sissing 2).

 

OP agtste keer onoorwonne

 

Die Onder 18-hoërskoolspan van die Oostelike Provinnsie het met sy oorwinning van 25-7 oor die Suidwestelike Distrikte in Saterdag se hoofwedstryd op die 51e Cravenweek-toernooi in Middelburg, Mpumalanga, die toernooi die agtste keer sedert 1964 onoorwonne afgesluit.

 

Die OP was in 1970, 1972, 1975, 1976, 1977, 1987, 2012 en 2014 onoorwonne.

 

Die OP het drie van die sterkes – Blou Bulle (26-25), Cheetahs (19-5) en SWD - geklop. Die OP het laas in 1977 ‘n hoofwedstryd op die Cravenweek gewen toe hulle die WP met 19-17 op Oudtshoorn geklop het.

 

Ons noordelike bure en vennoot in die Super-franchise, Griffons, was saam met die OP die enigste onoorwonne span vanjaar. Trouens, die Griffons het die afgelope vier jaar slegs een van hul twaalf wedstryde verloor. Hulle was in 2011, 2013 en 2014 onoorwonne. Hulle is in hul afgelope agt wedstryde nie geklop nie.

 

Griekwas het vir die grootste oorwinning van die toernooi gesorg deur die Grens-platteland met 96-0 ore aan te sit. Griekwas het 14 drieë gedruk en Gerco Nortjé se 36 punte is die naasmeeste in die geskiedenis van die toernooi. André Esterhuizen (Luiperds) het in 2011 in ‘n wedstryd teen Grens-platteland 38 punte (4 drieë en 9 doelskoppe) aangeteken.Die Luiperds het 83-21 gewen.

 

Dimitrio Tieties (Griekwas) het in 2013 teen die einste Grens-platteland 30 punte (2 drieë 10 doelskoppe) in ‘n sege van 94-5 aangeteken.

 

Die Grens-platteland neem sedert 1997 aan die Cravenweek deel, maar het min welslae behaal deurdat hy in 51 wedstryde slegs vyf oorwinnings behaal het en gemiddeld met 8-45 die onderspit gedelf het. In 23 wedstryde is die 50-tal oorgesteek.

 

Saterdag se uitslae en puntemakers is:

 

Pumas 24 (drieë: Christoffel Andries Petrus Steynberg, Siyabonga Praisegod Masuku 2, strafdrie; doel: Siyabonga Praisegod Masuku 2); Goue Leeus 39 (drieë: Gavin Delport, Jaco Holtzhausen, Preston Karstens, Willem Leon Massyn 3; doel: Ralton October 3; straf: Ralton October).

 

Zimbabwe 25 (drieë: Ackim Farirai Sibanda, Bradley Crause, Daniel Takudzwa Nyamugama, Matthew Ushewokunze; doel: Ngoni Joshua Zinyama; straf: Shaun Snyder); Namibië 38 (drieë: Divan Rossouw 2, Hans Breedt, Herle Otto, Jandré van Wyk 2; doel: Pieter Steenkamp 2, Stiaan van der Merwe 2.

 

Griekwas-platteland 60 (drieë: Coby Willemse, David Du Toit, Denvill Joseph, Erik Jordaan 2, Gert Nel, Reinhard Hayes; doel: Coenie Lamprecht); Grens-platteland 21 (drieë: Chuma Tukela, Mpumelelo Velem, Phelane Macingwane; doel: Siyambonga Mxhaka 3).

 

Westelike Provinsie 37 (drieë: Duncan Saal 2, Jondré Peter Williams, Justin Heunis, Mogamat Zain Davids; doel: Tiaan Henk Swanepoel 3; strraf: Tiaan Henk Swanepoel 2); Vrystaat 29 (drieë: De Wet Bezuidenhout, Julian Jordaan 2, Shirwin Cupido; doel: Jeandré Christian 3; straf: Christian).

 

Grens 55 (drieë: David Brits 2, Henning Coetzee, Jason Steyn, Jerry Danquah, Michael Brink, Morgan Steyn, Pierre Bester, Reinhardt Engelbrecht; doel: Morgan Steyn 5); Griekwas 26 (drieë: Geo Davel, Keaton Gordon, Robbie Petzer, Wilfred Bowers; doel: Robbie Petzer 3).

 

Boland 56 (drieë: Earll Douwrie, Handré Ontong, Iver Aanhuizen, Jaydrin Kotze 3, Morné van Wyk, Ray Philander, Robert Hunt; doel: Adriaan van der Bank, André Gouws 2, Ontong; straf: Ontong); Limpopo Blou Bulle 24 (drieë: Diederik Oberholzer, Jan van der Kolff 2, Thapelo Molapo; doel: Barend Janse van Rensburg 2).

 

KwaZulu-Natal 15 (drieë: Jaco Coetzee, James Hall; doel: Curtis Jonas; straf: Tristan Tedder); Blou Bulle 36 (drieë: Aston Fortuin, Eduan Keyter, Embrose Papier, Tinus de Beer 2; doel: Tinus de Beer 4; straf: Tinus de Beer).

 

Griffons 44 (drieë: Ezrick Alexander, Jaya Juries, Johan van Zyl, Johann Vermaak 2; doel: Jaya Juries 5; straf: Jaya Juries 3); Luiperds 24 (drieë: Douglas Bruce-Smith, Jana Smith, Keanu van der Merwe, Roodt van Zyl; doel: Markus Coetzer 2).

 

OP-platteland 13 (drieë: Arno Le Roux, Josiah Twum-Boafo; straf: Cameron Hertz); Valke 35 (drieë: Forrest Roos, Martin van Wyk 3, Ntshepe Kokong; doel: Forrest Roos 5).

 

SWD 7 (drie: Domenic Donevan Smit; doel: John Thomas Jackson); OP 25 (drieë: Athi Mayinje, Johann van Niekerk, Stephanus Nieuwoudt; doel/straf: Curwin Bosch 2).

 

‘Finale Stand’ van Spanne - 2014

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON-V

BON-D

PUNTE

Griffons

3

3

0

0

124

59

65

17

8

0

3

15

OP

3

3

0

0

70

37

33

8

3

0

0

12

Griekwas

3

2

1

0

160

82

78

22

13

0

3

11

GW Plat

3

2

1

0

105

66

39

15

10

1

2

11

Grens

3

2

1

0

153

90

63

23

14

0

2

10

Namibië

3

2

1

0

120

78

42

18

12

0

2

10

Blou Bulle

3

2

1

0

82

51

31

9

5

1

1

10

Luiperds

3

2

1

0

103

77

26

14

8

0

2

10

Valke

3

2

1

0

85

63

22

10

8

1

1

10

SWD

3

2

1

0

63

61

2

9

6

0

1

9

W.Prov.

3

2

1

0

93

99

-6

10

14

0

1

9

Boland

3

1

2

0

107

92

15

17

11

1

3

8

KZN

3

1

2

0

66

81

-15

8

12

1

1

6

Limp.BB

3

1

2

0

66

153

-87

11

24

0

2

6

Leeus

3

1

2

0

69

78

-9

9

10

0

1

5

Vrystaat

3

1

2

0

67

76

-9

8

10

0

1

5

OP Plat

3

1

2

0

82

111

-29

11

16

0

1

5

Pumas

3

0

3

0

83

110

-27

13

14

1

3

4

Zimbabwe

3

0

3

0

88

118

-30

13

17

1

2

3

Grens.Plat

3

0

3

0

21

225

-204

3

33

0

0

0

 

 

 

 

Onder 18-Cravenweek-stand: 1964-2014

Die eerste twee Cravenweek-toernooie is in 1964 en 1965 in Oos-Londen gehou

Posisie en Span

Gespeel

Gewen

Verloor

Gelykop

Punte
Vir

Punte
Teen

Sukses
%

1. Westelike
Provinsie

153

99

49

5

3137

2071

67.97%

2. Cheetahs
(Vrystaat)

153

94

52

7

3180

2211

66.01%

3. Blou Bulle
(Noord-Transvaal)

153

95

53

5

3067

2134

65.36%

4. Goue Leeus
(Transvaal)

153

87

56

10

2866

2442

63.40%

5. Pumas
(Suidoos-Transvaal) - (i)

138

79

59

5

2645

2418

60.87%

6. Valke
(Oos-Transvaal)

153

81

59

13

2789

2547

61.44%

7. Oostelike
Provinsie

153

83

62

8

2691

2603

59.48%

8. Griekwas

153

79

71

3

2732

2540

53.59%

9. KwaZulu-Natal
(Natal)

153

78

70

5

2810

2555

54.25%

10. SWD Arende
(Suidwestelike Distrikte)

153

81

70

2

2682

2341

54.25%

11. Griffons
(Noord-Vrystaat) - (ii)

141

65

65

11

2620

2706

53.90%

12. Boland Kavaliers
(Boland)

153

71

76

6

2531

2467

50.33%

13. Grens Bulhonde
(Grens)

153

68

78

7

2614

2838

49.02%

14. Luiperds
(Wes-Transvaal) - (iii)

152

70

77

5

2741

2555

49.34%

15. Namibië
(Suidwes-Afrika) - (iv)

138

58

71

9

2354

2502

48.55%

16. Limpopo Blou Bulle
(Verre Noord) - (v)

141

60

75

6

2733

2592

46.81%

17. Zimbabwe
(Rhodesië) - (vi)

105

37

65

3

1856

2239

38.10%

18. Grens
Platteland - (vii)

51

5

45

1

387

2311

11.76%

(i) - Pumas speel sedert 1969 in die toernooi.
(ii) - Griffons neem sedert 1968 deel.
(iii) - Wedstryd tussen Luiperds en OP-platteland - 2012 - kon weens ‘n nat veld nie plaasvind nie.
(iv) - Hoewel Namibië van die eerste Cravenweek af deelgeneem het, was daar ‘n onderbreking van ‘n paar jaar in die 90’s van die vorige eeu.
(v) - Verre Noord neem sedert 1968 aan die toernooi deel, maar het sedertdien in die gedaante van Noord, Limpopo, Noordelike Provinsie, en deesdae as die Limpopo Blou Bulle deel.
(vi) - Zimbabwe het tussen 1964 en 1980 - toe die destydse Rhodesië onafhanklikheid van Brittanje verkry het - deelgeneem, en is sedert 1995 weer jaarliks ‘n deelnemer.
(vii) - Grens-platteland neem sedert 1997 aan die toernooi deel, behalwe in 2011 toe hulle nie in aksie was nie.

Skeidsregters staak

 

Skeidsregters in die OP Kings het die afgelope naweek geweier om wedstryde te beheer. Dié stap volg nadat ‘n skeidsregter Marais van Zyl onlangs in Pretoria ten tyde van ‘n klubwedstryd aangerand is.

 

Vyftig blasers het daarna landwyd hul fluitjies opgehang. Mnr. André Watson, Suid-Afrika se skeidsregtersbaas, het die OP-blasers se besluit gesteun.

 

Die Baaise blasers sal egter die komende naweek weer op hul pos wees.

 

Asiese Super-uitbreiding bevraagteken

 

Die uitbreiding van die Super-rugbykompetisie tot ‘n reeks waaraan 18 spanne – ses van Suid-Afrika, vyf elkeen van Australië en Nieu-Seeland, een van Argentinië en een uit Asië – word bevraagteken. Veral die ses Suid-Afrikaanse spanne gaan dán méér tyd in die lug deurbring om hul afsprake na te kom.

 

Die belangrikste is dat die 18de span - wat uit Singapoer of Japan gaan speel - steeds in die Australasiëse tydsone gaan wees. Hoe help dit Suid Afrika, gesien dat die span in die SA konferensie gaan speel?

 

Quote-endJapan is sewe uur voor SA - presies in die middel van die Australiese weskus (ses uur) en ooskus (agt uur). Singapoer is ses uur voor SA (dieselfde as die Australiese weskus).

 

Dié bykomende reistyd vir SA se spanne is kommerwekkend. Die Aussies en Kiwi’s gaan minder reis, want hulle sal SA nie meer so gereeld besoek nie.

 

Tans reis ‘n SA span vir maand na Australasië. Net om ‘n idée te kry van hoelank ‘n SA span vir ‘n wedstryd in Nieu-Seeland reis, die volgende: Dit het die Haaie 36 uur geneem om van Sondag tot gister uit Suid-Afrika na Christchurch te reis vir Saterdag se halfeindstryd teen die Crusaders.

 

‘n SA span sal vir ’n wedstryd na Singapoer 9223 kilometer moet reis, vir ‘n kragmeting na Japan 13 891 kilometer en om in Argentinië te gaan speel, altesame 7 694 kilometer.

 

Die laaste sprak is nog nie oor dié saak gespraak nie.

 

Kevin Skinner oorlede

 

Kevin Skinner (86) ’n gewese All Black-kaptein en –stut, is gister in Auckland oorlede. Hy was in 1947 Nieu-Seeland se amateur-swaargewigbokskampioen.

 

Die ouer garde sal onthou hoe die einste in 1956 onse Jaap Bekker, Springbok-stut, se gesig in die derde toets tussen die All Blacks en die Springbokke in die skrums erg verinneweer het.

 

Skinner het 20 toetse vir Nieu-Seeland gespeel, twee as kaptein.

 

Franse toetsspelers loop deur

onder kapmesse

 

Drie Franse internasionale rugbyspelers - Benjamin Kayser, Julien Pierre en Aurélien Rougerie – is in ‘n hospitaal in die Franse stad Mllau opgeneem nadat hulle deur ‘n bende met kapmesse, messe en swaarde aangeval is.

 

‘n Bende van ongeveer twaalf boosdoeners het die drietal aangerand nadat hulle by ‘n nagklub was. Hulle is deel van ‘n Franse groep spelers wat vir ‘n oefenkamp in Millau saamgetrek het.

 

Aldrie is met steek- en kapwonde in die hospitaal opgeneem: Kayser en Rougerie met snywonde aan hul arms en Pierre het ‘n kapwond aan sy heup opgedoen. Hy het ‘n operasie ondergaan om die diep wonde te heg.

 

(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg

Share this article: