Posted on Monday, 04 May 2015
Die Vrystaat Rugby bevestig dat Franco Smith die aanbod van die Toyota Vrystaat Cheetahs aanvaar het om diens te doen as Hoofafrigter van die Toyota Vrystaat Cheetahs vir Curriebeker.
Rory Duncan is bevorder tot Direkteur van Rugby vir die Vrystaat Cheetahs
(Edms.) Bpk. en sal omsien na alle rugby aangeleenthede .
Ons wil dit egter duidelik maak dat Naka Drotske, sy afrigtingspan en die huidige strukture onverpoos voortgaan met die Vodacom SupeRugby kompetisie vir 2015. Enige media berigte rakende Drotske se posisie op die stadium is blote spekulasie en nie akkuraat nie. Drotske het tans ? kontrak met die Toyota Vrystaat Cheetahs wat op 30 Oktober 2016 verstryk.
Daar sal binnekort ? media konferensie in verband met die bostaande plaasvind.
Bestuur Vrystaat Cheetahs