logo
Mega Drop Down Menu
Bookmark us
NEWS
Subscribe to Cheetahs News
SHARE TOOLS
SEARCH CHEETAH NEWS
Latest News
Posted on Thursday, October 19, 2017
Posted on Monday, October 09, 2017
HULDE AAN WYLE MNR. JOE VENTER
HULDE AAN WYLE MNR. JOE VENTER
Posted on Wednesday, October 04, 2017


Dit was met groot hartseer dat ons van die afsterwe van ons geliefde Joe Venter verneem het.  Hy was waarskynlik een van die grootste ondersteuners van Vrystaat Rugby en die Cheetahs en het gereeld wedstryde in die Presidentlosie bygewoon om die spelers aan te moedig.
Joe het ‘n ewige jonkheid saam met hom gedra en ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die lewe geopenbaar.
Hy was ‘n befaamde joernalis met ‘n diep insig van sport, veral golf en rugby waar sy liefde gelê het.


Joe was in alle opsigte ‘n aangename, wonderlike vriend van Vrystaat Rugby gewees en ons sal hom vir altyd daarvan onthou en eer.
Wat Joe so interessant gemaak het is al die interessante en gegewens van rugby wat hy in sy geheue met hom saam gedra het en wat hy gereeld met ons kon deel tydens wedstryde.
Hy was ongetwyfeld ‘n groot steunpilaar vir Vrystaat Rugby en het oor baie jare sy gewig by ons in gegooi.
Ons sal ons geliefde vriend Joe baie mis en dit is nie net leë woorde nie maar ‘n werklike gemis by wedstryde en geselsies by die kantore wanneer hy vir ons kom kuier het.
Sy sitplek in die Presidentlosie sal leeg wees maar ons sal steeds met mooi herinneringe aan hom dink – aan sy ondersteuning in die moeilike tye en in die wonderlike tye wat ons saam rondom die Curriebeker en ander groot geleenthede ervaar het.


Dit is hartseer om ‘n vriend soos Joe te verloor maar dit is wonderlik om positiewe en aangename herinneringe van hom met ons saam te dra die toekoms in.
Joe het voorwaar diep spore in Vrystaat Rugby getrap en mooi herinneringe vir ons almal nagelaat.  Hy was ‘n opregte Vrystaat Cheetah ondersteuner wat met mooi lewensbeskouinge en standaarde ook dit uit geleef het by die rugby wedstryde.
Ons eer Joe Venter se nagedagtenis en ons betuig ons simpatie en meegevoel aan sy vrou Jules, sy gesin, familie en ook sy vriende.

Met seën groete
Harold Verster                                                  Lindsay Mould                             Ryno Opperman                                                                                                                                                                          
Besturende Direkteur                                       President                                     Voorsitter                                                                                                 
Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk.                     Vrystaatse Rugby-Unie

28
Oct
Next Match
vs
Home  |  T's & C's  |  Browser  |  Disclaimer  |  Contact Us  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Players  |  Webmaster  |  Online Liquor Login
Copyright © 2012 - 2017 2012 Free State Cheetahs Pty (Ltd)