Welcome to the official Toyota Cheetah page

All you want to know about the team

Online Tickets

Cheetah Bulletin 23

Posted on Monday, 30 Jul 2012

Cheetah Bulletin 23

 

Sedert al die opwinding, én teleurstellings, van die Toyota Cheetahs se  Vodacom Super Rugby-kampanje in 2012, is Naka Drotské, hoofafrigter, en sy adjudant Hawies Fourie, besig om ons Absa Curriebeker-span te slyp vir die komende strawwe Absa Curriebeker-seisoen van 10 ligawedstryde, en moontlike uitklop-rondes, insluit.

 

Maar eers: Geluk, en daarby ook baie sterkte, aan Keegan Daniel en sy Haaie vir Saterdag se Super Rugby-eindstryd teen die Chiefs in Hamilton, Nieu-Seeland. ‘n wedstryd wat om 09:35 afskop.  Steve Walsh van Australië, ‘n voormalige Nieu-Seelander, is vanoggend as skeidsregter aangestel. Dit sal mnr. Walsh se tweede eindstryd en sy 83ste Super Rugby-wedstryd wees. Walsh het ook in 2007 se eindstryd – toe nog ‘n Nieu-Seelander - geblaas het toe die Bulle in die laaste oomblikke van die eindstryd in Durban die Haaie met 20-19 verras het.

 

Dit sal ook die Haaie se derde eindstryd sedert 1998 wees. In 2001 het die Brumbies die Haaie in die eindstryd in Canberra met 36-6 verslaan.  As Natal het dié Durbanse span in 1996 ook in die eerste eindstryd gespeel en met 21-45 die onderspit gedelf.

 

.

 

Sir George Grey Feesvieringe

Saterdag kry ons Vrystaatse span kans om sy vere behoorlik reg te skud vir die eerste Absa Curriebeker-wedstryd van die seisoen op 11 Augustus teen die Leeus op Coca-Cola-park in Johannesburg wanneer die span van Cardiff Blues in die sir George Grey-feesvieringe op Grey-kollege se veld gepak word.

 

Vorige kragmetings

 

Dit is die derde keer in sy geskiedenis van 117 jaar dat die Vrystaat teen ‘n Walliese rugbyspan te staan kom. Op 30 Mei 1964 het die nasionale span van Wallis die Vrystaat in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein met 14-6 geklop. 

 

Daardie dag het die twee blitsige Walliese vleuels, Dewi Bebb en Kenny Jones, die Vrystaters baie probleme op die verdediging gegee. Steve Strydom (heelagter) se straf- en skepdoel was die Vrystaters se enigste punte.

 

Die einste Steve Strydom, wat van 1976 tot 1993 president van die Vrystaatse Rugby-unie was, was as skeidsregter op 8 Julie 1972 in beheer van sake toe die Vrystaat teen die toerspan van Llanelli gespeel het. Die Vrystaat het met 25-9 gewen. Mnr. Strydom se ferm optrede as blaser het daardie dag gekeer dat ‘n grootskaalse bakleiery uitbreek.

 

Taai stryd

 

Hoewel Sam Warburton, die huidige Walliese flank en kaptein wat 30 toetse agter die blad het, nie die toer sal meemaak nie, is daar steeds sewe ervare toetsspelers in die toergroep wat die wêreld Saterdag vir die Vrystaat baie warm sal kan maak:

 

Daar is die twee groot agterspelers - Jamie Roberts (senter/heelagter: 1.91m, 107kg – 28 toetse) en Chris Czekaj (vleuel: 1.90m, 101kg – 1 toets) – wat net soos Bebb en Jones 48 jaar gelede die Vrystaters Saterdag op die verdediging sal laat bontstaan.

 

Lou Reed (slot – 1 toets), Tom James (senter/vleuel – 10 toetse), Scott Andrews (stut – 1.88m, 118kg – 2 toetse), Gavin Evans (senter/vleuel – 1 toets) en Ceri Sweeney (losskakel – 32 toetse – op 32 jaar die oudste speler in die groep) is die ander senior internasionale spelers.

 

Wallis se Onder20-kapteins die afgelope drie jaar – Scott Andrews (2009 – wat dus al 2 toetse gespeel het), Josh Navidi (2010) en Macaulay Cooke (2011) verleen verdere internasionale kleur aan die Cardiff Blues-span. Ander internasionale spelers in die groep is Dan Fish (Wallis onder 20, 2010), Jason Tovey (Wallis senior WB-groep), Benoit Bourrust (Frankryk – onder 20 in 2007), Gareth Davies (Walliese  senior WB-sewes) en Dafydd Hewitt (lid van die Wallis se wenspan van die Internasionale Sewesreeks in 2011).

 

Die Walliesers het ‘n ervare afrigtingspan in Phil Davies (46 toetse vir Wallis), Gareth Baber (afrigter van Wallis se 7’s in 2007-’08) en Xavier Rush (‘n All Black-losvoorspeler in 8 toetse).

 

Saterdag se wedstrydprogram op Grey se veld is:

 

09:15 -  Grey Kollege o.13 vs. Vrystaat Uitnodigingspan

10:05 -  Toyota Vrystaat Cheetahs o.19 vs. SWD o.19

11:35 -  Toyota Vrystaat Cheetahs o.21 vs. Grens o.21

13:15 - Grey Kollege vs. Kearsney Kollege

15:00 - Toyota Vrystaat Cheetahs vs Cardiff Blues.

 

(*) - Kaartjies vir die wedstryd kos R60 vir volwassenes en R20 vir leerders en studente en is beskikbaar by die kaartjiekantoor in Vrystaat-stadion, asook by Grey-kollege se Reünie-kantoor. Seisoenkaartjies is nie geldig nie.

 

Gholfdag – 2 Augustus

 

As deel van die feesvieringe word daar op Donderdag, 2 Augustus ‘n groot gholfdag aangebied.  Die formaat van die dag is ‘n BBS-kompetisie en verskeie van die Cardiff Blues en Toyota Vrystaat Cheetah spelers sal deelneem.   4 Balle is te koop teen R2 500 elk wat ‘n gholfhemp, halfweghuis, verversings en ‘n ete insluit. 

 

Gala Funksie – 3 Augustus

 

Grey-kollege Reünie bied ‘n Gala-funksie aan op Vrydag 3 Augustus om 18:30  in die Grey-kollege Eeufeessaal aan.  Spesiale gaste vir die aand is die Cardiff Blues- en Toyota Vrystaat Cheetah-spelers, asook die IRB se Speler van die Millenium, Gareth Edwards, en Morné du Plessis. Tafels is te koop teen R3 500.00 per tafel. Dit sluit ’n  ete in. 

 

Belangstellendes kan die Grey-kollege Reünie-kantoor  by 051 444 5799 bel, oldboys@greycollege.com /of vir Rentia Nell by 083 308 4244 / rentia@fsrugby.co.za

 

 

Skole-rugby

 

Die Vrystaat het vanjaar net één verteenwoordiger, Ox Nche, in die SA Skole-span het wat tussen 10 en 18 Augustus teen die nasionale skolespanne van Frankryk, Wallis en Engeland speel. 

 

Vrystaat Spelers in SA Skole Span

 

In ‘n paar maer jare teen die einde van die vorige millennium het die Vrystaat in 2001 (Bismarck du Plessis) en 2002 (Ruan Pienaar en Riaan van Niekerk) hier en daar min spelers in die SA Skolespan gehad.

 

In 2003 het die Vrystaat ses SA Skole-spelers opgelewer, onder andere latere Springbokke soos Adriaan Strauss en Flip van der Merwe. In 2004 was daar weer net 3 SA Skole-spelers uit die Vrystaat, in 2005 net één (Sewes Oosthuizen), en in 2006 net een (PW van Vuuren).

 

In die vyf toernooie voor vanjaar se saamtrek in die Baai het die Vrystaat altesame 25 SA Skolespelers gelewer: onder andere Robert Ebersohn en Coenie Oosthuizen (2007 – 5 Vrystatersin die SA span), twee in 2008, Pieter Rademan (kaptein van die SA Skolespan in 2009 – 6 in die SA Skolespan), Johan Goosen, Paul Jordaan en William Small-Smith (kaptein – 2010 – 6 Vrystaters in die SA Skolespan) en Dries Swanepoel (onderkaptein in 2011 – wéér 6 Vrystaters in die SA Skolespan).

 

Tussen 2007 en 2011 het die Vrystaat dus altesame 25 SA Skolespelers opgelewer.

 

 

Skole-rugby - Uitslae

 

·         Grey-kollege se eerste span is die afgelope Saterdag Port Elizabeth toe vir hul kragmeting teen Grey High (PE). Ons Grey het in ‘n erge modderbad met 22-3 die botoon gevoer. Rory Duncan, wat in 2007 ‘n slot en kaptein van die Vrystaatse rugbyspan was, is afrigter van Grey PE se eerste span.

 

·         Die eerste span van die Hoërskool Sentraal het verlede Woensdag die toerspan van die Royal Grammar School in Engeland met 47-25 afgestof. Tom Deetlefs (heelagter) het 22 van Sentraal se 47 punte aangeteken. Hy’t slegs met een van sy sewe stelskoppe misluk. .

Ons ander skole het egter almal Saterdag slae in interskole-kragmetings gekry: .

 

·         Duineveld (Upington) het op sy tuisveld die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein met 16-10 verslaan.

 

·         Zastron het met 33-29 oor St. Andrew’s koning gekraai. Zastron speel in die een B1-ligahalfeindstryd teen Sand du Plessis, terwyl Brandfort op Brandfort in die ander halfeindstryd teen die Saints sal speel.

 

·         Fichardtpark het op sy groot skoledag in die Rosestad met 20-28 teen Aliwal-Noord die onderspit gedelf.

 

Uitslae

 

Die afgelope naweek se vernaamste uitslae is:

 

July 2012

28

DHL Stormers

19 - 26

Sharks

DHL Newlands Stadium, Cape Town

Vodacom Super Rugby

28

MTN Golden Lions

28 - 36

Platinum Leopards

Coca-Cola Park Stadium, Johannesburg

ABSA Under 21 Competition

28

FNB Univ of Natal

14 - 8

NWU Vaal Triangle

Peter Booysen Sports Park

FNB Varsity Shield Promotion Relegation

28

MTN Golden Lions

43 - 15

Leopards

Coca-Cola Park Stadium, Johannesburg

ABSA Under 19 Competition

28

Griffons

10 - 34

Eastern Province Kings

North West Stadium, Welkom

ABSA Currie Cup First Div

28

DHL Western Province

23 - 35

Blue Bulls

DHL Newlands Rugby Stadium, Cape Town

ABSA Under 21 Competition

28

Valke

22 - 51

Leopards

Barnard Stadium, Kempton Park

ABSA Currie Cup First Div

28

DHL Western Province

20 - 16

Blue Bulls

DHL Newlands Rugby Stadium, Cape Town

ABSA Under 19 Competition

27

SWD Eagles

21 - 21

Regent Boland Kavaliers

Outeniqua Park, George

ABSA Currie Cup First Div

27

Border Bulldogs

18 - 51

Ford Pumas

BCM Stadium, East London

ABSA Currie Cup First Div

27

SWD Eagles

3 - 46

Sharks

Outeniqua Park, George

ABSA Under 19 Competition

27

Border Bulldogs

24 - 52

Sharks

BCM Stadium, East London

ABSA Under 21 Competition

27

Chiefs

20 - 17

Crusaders

Waikato Stadium, Hamilton

Vodacom Super Rugby

 

Klubrugby

 

Die uitslae van die afgelope week se klubrugby:

 

Date

Fixture

Competition

 

Wed, 25 July

Shimlas (UFS) (29) vs Irawas (UFS) (14)

1ST League

 

Thu, 26 July

Old Grey’s (50) vs CUT Young Team (7)

3RD League

 

Fri, 27July

Ixias (CUT) (58) vs Crusaders (3)

1ST League

 

Tjisas (CUT) (20) vs BFN Police (33)

1ST League

Fri, 27 July

SANDF II (26) vs BFN Police III (12)

3RD League

 

Shawas (CUT) (41) vs Mangaung II (3)

3RD League

 

Collegians II  (26) vs Warriors II (10)

3RD League

 

Bepalings

 

Die komende week se vernaamste bepalings is:

 

August 2012

03

00:00

SWD Eagles

vs

Griffons

Outeniqua Park, George

ABSA Currie Cup First Div

04

00:00

Ford Pumas

vs

Eastern Province Kings

Mbombela Stadium, Nelspruit

ABSA Currie Cup First Div

04

00:00

Leopards

vs

Border Bulldogs

Profert Olën Park, Potchefstroom

ABSA Currie Cup First Div

04

00:00

Sharks

vs

MTN Golden Lions

Mr Price Kings Park, Durban

ABSA Under 19 Competition

04

00:00

Leopards

vs

DHL Western Province

Profert Olën Park, Potchestroom

ABSA Under 19 Competition

04

10:05

Toyota Free State Cheetahs

vs

SWD Eagles

Grey College, Bloemfontein

ABSA Under 19 Competition

04

00:00

Sharks

vs

MTN Golden Lions

Mr Price Kings Park, Durban

ABSA Under 21 Competition

04

00:00

Platinum Leopards

vs

DHL Western Province

Profert Olën Park, Potchestroom

ABSA Under 21 Competition

04

11:35

Toyota Free State Cheetahs

vs

Border Bulldogs

Grey College, Bloemfontein

ABSA Under 21 Competition

04

00:00

EP

vs

WP

 

Inter Provincial Women A

04

00:00

SWD

vs

Border

 

Inter Provincial Women A

04

00:00

KwaZulu-Natal

vs

Boland

 

Inter Provincial Women A

04

00:00

Golden Lions

vs

Griffons

 

Inter Provincial Women A

04

00:00

Mpumalanga

vs

Valke

 

Inter Provincial Women B

04

00:00

Blue Bulls Limpopo

vs

Griqualand West

 

Inter Provincial Women B

04

09:35

Chiefs

vs

Sharks

Waikato Stadium, Hamilton

Vodacom Super Rugby - FINAL

04

16:00

Regent Boland Kavaliers

vs

Valke

Boland Stadium, Wellington

ABSA Currie Cup First Div

 

Vrystaat Vrouespan

 

Die Vrystaat Vrouespan het hierdie naweek ‘n loslootjie van hulle ligawedstryde, maar speel Saterdag om 14:00 in ‘n vriendskaplike wedstryd teen ‘n uitnodigingspan van die Oos-Vrystaat in Bethlehem.  Die Vrystaat o.16 meisies toer saam en speel om 12:00 teen ‘n o.16 uitnodigingspan van die Oos-Vrystaat span. 

 

 

Absa Curriebeker – 2012

 

Die Vrystaters se eerste Curriebeker-wedstryd in die Premier-liga is teen die Leeus op Coca- Cola-park in Johannesburg. Dit kan dalk die Toyota Vrystaat-Cheetahs se taaiste wedstryd in ‘n lang tyd wees, want die Gautengers sal daarop uit wees om te wys hulle hoort, ondanks hul vertoningslys vanjaar, in die Vodacom Super Rugby-kompetisie.

 

Die Toyota Vrystaat Cheetahs se tien Absa Curriebeker-wedstryde vir die seisoen is

 (* - tuiswedstryde):

 

11 Augustus – Leeus, Coca-Colapark, Johannesburg.

 

(*) 18 Augustus (afskoptyd: 19:10) – Blou Bulle (gaskunstenaars: Elizma Theron en Pieter Koen).

 

25 Augustus – Griekwas, GWK-park, Kimberley.

 

1 September – Haaie, Kingspark, Durban.

 

(*)8 September (afskoptyd: 17:05) – WP (gaskunstenaar: Wicus van der Merwe).

 

(*)15 September (afskoptyd: 17:05) – Leeus (gaskunstenaar: Ray Dylan).

 

22 September – Blou Bulle, Loftus Versfeld, Pretoria.

 

(*)29 September (afskoptyd: 14:30) – Griekwas (gaskunstenaar: Bok van Blerk). Dié dag speel Suid-Afrika en Australië om 17:00 op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar, vandaar dié vroeëre afskoptyd in Bloemfontein.

 

(*)6 Oktober (afskoptyd: 19:15) – Haaie (gaskunstenaar: Arno Jordaan).

 

13 Oktober – WP, Nuweland, Kaapstad.

 

20 Oktober – Absa Curriebeker-halfeindstryde.

27 Oktober – Absa Curriebeker-eindstryd.

 

 

Verjaarsdag

30 Julie – Wilna Jurack  

30 Julie – Juan Smith

1 Augustus – Eugene van Wyk

5 Augustus – Hawies Fourie

Share this article: