Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

Opwindende spelers kom Cheetahland toe

Posted on Tuesday, 15 Jul 2014

Opwindende spelers kom Cheetahland toe

Verskeie opwindende rugbyspelers het hulle reeds, óf gaan hulle binnekort, by die Toyota Vrystaat Cheetahs vir die komende Curriebeker-kompetisie aansluit.

 

Die Curriebekerspan sal ook deur ‘n span nuwe afrigters gebrei word: Rory Duncan (hoof), Franco Smith (agterspelers) en Os du Randt (voorspelers). Die res van die bestuurspan is: Neil du Plessis (kondisionering), JP du Toit (fisio), dr. Louis Holtzhausen (dokter), Charl Strydom (tegeniese analis) en Sakkie Wessels (logistieke bestuurder).

 

“Nuwe spelers soos Clayton Blommetjies, Carl Wegner en Willie du Plessis sluit hulle by die span aan. Jong opkomende spelers soos Luan de Bruin, Nico Lee en Henco Venter sal ook in die aanvanklike groep wees.

 

“Gesoute spelers soos Boom Prinsloo, Francois Venter en Lappies Labuschagne is ook amper weer slaggereed om in die Curriebeker-kompetisie uit te draf. Die manne trek van môre af saam om hulle vir die Curriebeker-reeks voor te berei. Ons speel in een opwarmingswedstryd teen die OP Kings. Die datum en plek moet nog bepaal word,” sê mnr. Kobus le Roux, bemarkingshoof van die Vrystaatse Rugbyunie.

 

Aldrie die afrigters is oud-Vrystaatse spelers. Duncan, wat in 2006 slot gespeel het toe die Vrystaat die Curriebeker suksesvol verdedig het, en hy was kaptein van die span wat in 2007 die Curriebeker ‘n derde opeenvolgende keer ingepalm het. Die twee voormalige Springbokke, Franco Smith (tóé hulpafrigter) en Os du Randt (stut), was in 2005 betrokke toe die Vrystaat die Curriebeker die eerste keer in 29 jaar omhoog gehou het.

 

Die Vrystaat het in die verlede groot sukses met sy oud-spelers as afrigters behaal. Behalwe die huidige afrigters het ander oud-Vrystaters ook as spelers uitgeblink en later groot sukses behaal en van hulle behaal steeds sukses. Dit sluit in breiers soos Nelie Smith, Sakkie van Zyl, Nic Bojé, die Steenkamp-neefs, Stonie en Koot, Gysie Pienaar, Martiens le Roux, Helgard Müller, Pote Human, Dawie Theron, Brendan Venter en andere.

 

Dit gaan voorts opwindend wees om te sien watter talente deur mnre. Duncan, Smith en Du Randt ontgin gaan word om vertrekkendes soos die volgende staatmakers te vervang: Johan Goosen (Racing Metro), Heinrich Brüssow, Johan Sadie (albei Docomo Red Hurricanes), Hennie Daniller (Zebré), Riaan Smit (Oyonnax), Philip van der Walt (Biarritz), Ligtoring Landman (Newport en Gwent Dragons), Nick Schonert (Worcester Warriors), Kevin Luiters (OP Kings), Trevor Nyakane (Bulle), Rossouw de Klerk (Frankryk) en Andries Ferreira (Zebré).

 

 

Springbokke nie in Curriebeker

 

Net soos groot unies soos die Blou Bulle, Leeus, Haaie en die WP, sal die Toyota Vrystaat Cheetahs in die komende Curriebeker-reeks sonder sy Springbokke moet klaarkom.

 

Die Curriebeker-kompetisie begin op 9 Augustus en duur tot 25 Oktober, terwyl die Springbokke van 16 Augustus tot 4 Oktober betrokke gaan wees in die Rugbykampioenskap.

 

Dit kan egter aanvaar word dat sekere Springbokke weer deur mnr. Heyneke Meyer, die Bok-afrigter, vir die laaste klompie Curriebeker-wedstryde in Oktober beskikbaar gestel sal word.

 

Die agt Premier-spanne – die laaste ronde wedstryde om vir die Premier-afdeling te kwalifiseer, word komende naweek beslis om die agtste span te bepaal – neem in twee afdelings deel. Die spanne speel onderling ‘n dubbelronde, en dan oorkruis teen die span  in die ander afdeling.

 

Die twee afdelings is:

 

Groep A - Toyota Vrystaat Cheetahs, Kwalifiseeerder (Griekwas/Luiperds – is die twee spanne wat dit tans om die topple in die reeks wedstryde om promosie uitspook), Pumas, Haaie.

 

Groep B - Westelike Provinsie, Blou Bulle Goue Leeus, OP Kings.

 

Toyota Vrystaat Cheetahs se

Curriebeker-program

 

Die Toyota Vrystaat Cheetahs speel die komende Curriebeker-seisoen vyf van hul tien ligawedstryde in die Vrystaat-stadion, Bloemfontein.

 

Die Toyota Vrystaat Cheetahs se Curriebeker-program is:

 

9 Augustus (19:10): Pumas, Mbombela-stadion, Nelspruit.

16 Augustus: Kwalifiseerder (Griekwas/Luiperds), Vrystaat-stadion, Bloemfontein.

23 Augustus (19:10): Haaie, Kingspark, Durban.

30 Augustus: Kwalifiseerder (Griekwas/Luiperds), Kimberley/Potchefstroom.

6 September (15:00): Pumas, Vrystaat-stadion, Bloemfontein.

13 September (15:00): Haaie, Vrystaat-stadion, Bloemfontein.

20 September: OP Kings: Nelson Mandelabaai-stdaaion, Port Elizabeth.

26 September (19:10): Blou Bulle, Vrystaat-stadion, Bloemfontein.

4 Oktober (14:00): Westelike Provinsie, Vrystaat-stadion, Bloemfontein.

11 Oktober (19:10): Goue Leeus, Ellispark, Johannesburg.

 

Vrystaat-vroue maak stem dik

 

Die Vrystaat se vrouespan het sommer met die intrapslag in hulle nasionale kompetisie hand opgesteek en gewys hulle gaan moeilik in Groep 2 van die A-afdeling geklop word deur die Leeus Saterdag op Ellispark in Johannesburg behoorlik met 39-10 af te stof. Met rustyd was die Vrystaatse meisies reeds 34-5 voor.

 

Die Vrystaters het soos ‘n orkaan afgesit en die Leeus behoorlik in die eerste helfte laat bontstaan en ses drieë teenoor die een van die Leeus gedruk. In die tweede helfte was die Leeus se verdediging egter hegter en kon die Vrystaters net een drie tot hul totaal byvoeg.

 

Merriam Nthenlafu, senter en kaptein, en Emily Tembe, linkervleuel, het elkeen twee drieë gedruk, met Bernice Strydom (losskakel), Kamohelo Makoele (flank) en Tizi Mjoli (vaskopstut) wat vir die ander drieë gesorg het. Lindiwe Masole (skrumskakel) het twee drieë gekroon.

 

Ander uitslae is:

 

A-afdeling - Groep 2: Luiperds klop Pumas met 19-5; Griekwas klop Limpopo Blou Bulle 25-10.

 

Die eindstryde in die verskillende afdelings word in September beslis. Die sterk span van die Grens is die huidige kampioen.

 

 

Dié ses speel uit om Super-kroon

 

Die Waratahs (58 punte) en die Crusaders (51 punte) het eerste en tweede geëindig nadat die ligadeel van die Super-kompetisie afgehandel is.

 

Hoewel die Hurricanes (41 punte) en die Western Force (40) ook meer as 40 ligapunte ingesamel het, was dit net-net nie goed genoeg om tot die laaste uitklopkompetisie deur te dring nie.

 

Die twee top-spanne sit komende naweek uit en wag op die onderskeie wenners in Durban, waar die Haaie (50), wat derde was, die Highlanders (6de – 42) pak, en in Canberra, waar die Brumbies (4de – 45) gasheer vir 2013 se kampioen, Chiefs (5de – 44).

 

Daar is dus drie Nieu-Seelandse, twee Australiese spanne en een Suid-Afrikaanse span in die uitklopfase betrokke.

 

Dit is veral die wedstryd in Canberra wat beloof om groot vuurwerk te lewer, want dit was die einste Chiefs wat die Brumbies in verlede jaar se eindstryd in Hamilton met 27-22 verslaan het. In die ligawedstryd tussen dié twee spanne op 25 April in Canberra was die Brumbies baas met 41-23.

 

Toe die Haaie en die Highlanders op 25 April in die einste Haaitenk in Durban slaags was, het die Nieu-Seelanders met 34-18 gewen en vier drieë teenoor die geen van die Natallers gedruk. In 2013 het die Highlanders in Dunedin met 25-22 koning gekraai. Die Haaie het tussen 2008 en 2012 vier keer agtereenvolgens met die Highlanders afgereken. Die Haaie het dus ‘n yslike rekening wat hulle Saterdag moet vereffen.

 

 

Super-rekord vir Steve Walsh

 

Twee van die top-skeidsregters in die wêreld, mnre. Craig Joubert (SA), wat in 2011 die Wêreldbeker-eindstryd beheer het, en Steve Walsh (Australië) is die skeidsregters vir Saterdag se twee wedstryde.

 

Dit sal Saterdag die 42-jarige mnr. Walsh se 108e Super-wedstryd as skeidsregter wees. Hy sal daarmee mnr. Jonathan Kaplan se Super-rekord van 107 wedstryde oortref.

 

Die bepalings en beamptes vir Saterdag se twee kwarteindstryde is:

 

GIO-STADION, Canberra – Brumbies teen Chiefs: SKEIDSREGTER: Craig Joubert (SA); RESERWE-SKEIDREGTER: Rohan Hoffmann (Aus); ASSISTENT-SKEIDSREGTER: James Leckie (Aus). TV-SKEIDSREGTER: George Ayoub (Aus).

 

KINGSPARK, Durban – Haaie teen Highlanders: SKEIDSREGTER: Steve Walsh (Aus); RESERWE-SKEIDREGTER: Jaco Peyper (SA); ASSISTENT-SKEIDSREGTER: Cobus Wessels (SA); TV-SKEIDSREGTER: Shaun Veldsman (SA).

 

Én, die volgende reëlings geld wanneer wedstryde gelykop eindig:

 

  • Twee helftes bykomende tyd van 10 minute elk.
  • As sake dán steeds gelykop is, sal die twee spanne nóg 10 minute speel en die span wat dán eerste punte aanteken, sal die wenner wees.
  • As sake dan steeds gelykop is, sal vyf spelers van elke span aanlê pale toe. Die span wat die meeste doelskoppe behaal, sal die wenner wees.

 

Mylpale én nederlae

 

VERSKEIE mylpale deur individue en van die spanne is tot dusver vanjaar in die Super-rugbykompetisie verbygesteek, én, néé, die nederlaag met 35 punte wat die Toyota Cheetahs Saterdag teen die Leeus op Ellispark, Johannesburg, op die lyf geloop het, is níé die grootste in die geskiedenis en ook níé die grootste slae wat ‘n span vanjaar gely het nie!

 

Spanne het al 34 keer 60 punte of meer in ‘n wedstryd sedert 1996 aangeteken en die Toyota Cheetahs se nederlaag met 35 punte is 57e op die lys van grootste nederlae.

 

Terloops, die Waratahs wat vanjaar loshande bo-aan die algehele puntelys met 58 ligapunte geëindig het, geniet die twyfelagtige voorreg dat hulle dié span is wat die meeste punte in ‘n Super-wedstryd afgestaan het toe die Crusaders hulle in 2002 in Christchurch met 96-19 verniel het.

 

Interessant is dit verder dat die Waratahs, wat dus vanjaar eerste was, voorheen in twee eindstryde gespeel het, maar telkens die onderspit teen die Crusaders moes delf: 2005 met 35-25 en in 2008 met 20-12, elke keer in Christchurch.

 

Die Crusaders het al nege keer in die eindstryd gespeel en hulle was sewe keer aan die wenkant: in 1998, 1999, 2000, 2002, 2005, 2006 en 2008.

 

Die Bulle se sege in 2007 met 89 punte (wen 92-3) oor die Reds (wat in 2011 die kampioen was) in Pretoria is ook die verreweg die grootste tot nóg toe.

 

Dit is voorts ook baie interessant dat die span wat vanjaar die grootste nederlaag gely het, die Chiefs is, wat in 2012 en 2013 die Super-kampioen was. Die Hurricanes het die Chiefs op 24 Mei in die Nieu-Seelandse hoofstad, Wellington, met 45-8 verslaan. Én, die Chiefs speel Vrydag in die eerste van twee kwarteindstryde teen die Brumbies in Canberra!!

 

Die Waratahs het vanjaar die meeste seges (12), punte (481), drieë (55), bonuspunte (10) en ligapunte (58) behaal – wat almal ook die Waratahs-rekords is. Die Waratahs se afgelope sewe agtereenvolgende seges is ook dié streekspan se rekord. Die Waratahs het ook net 272 punte (minste) en 24 drieë (naasminste) afgestaan, en hul netto-punte van 209 (481 teenoor 272) is ook verreweg die beste van al 15 die spanne.

 

Naweek se uitslae en puntemakers

 

Chiefs klop Blues 11-8: CHIEFS 11 (drie: Liam Messam-sy 26e; straf; Aaron Cruden 2-sy loopbaantotaal is 593 punte – dit was Messam se 128e wedtsryd, Tanerau Latimer-112e); Blues 8 (drie: George Moala-sy 8e van die seisoen; straf: Ihaia West – dit was Keven Mealamu, wat ook in 110 toetse gespeel het, se 162e Super-wedstryd wat Nathan Sharpe se rekord ewenaar, Ma’a Nonu-144e).

 

Brumbies klop Western Force 47-25: BRUMBIES 47 (drieë: Henry Speight-21e, Jesse Mogg-17e, Joseph Tomane-11e, Matt Toomua 3, Tom McVerry; doel: Christiaan Lealiifano 3; straf: Lealiifano 2); Western Force 25 (drieë: Chris Tuatara-Morrison, Pek Cowan, Zack Holmes; doel: Jayden Hayward, Sias Ebersohn-sy loopbaantotaal is nou 400 punte; straf: Hayward 2). Die Western Force se 343 punte en nege oorwinnings vanjaar is hul seisoenrekords, terwyl dit Matt Hodgson in sy 113de wedstryd gespeel het, en dit ook Alby Mathewson se 108e Super-wedstryd was. Steve Walsh ewenaar Jonathan Kaplan se rekord van 107 Super-wedstryde as skeidsregter.

 

Bulle klop Rebels 40-7 en behou hul onoorwonne rekord vanjaar op Loftus Versfeld. Dit was die Rebels se vyfde agtereenvolgende nederlaag: BULLE 40 (drieë: Dean Greyling, Francois Hougaard, Paul Willemse 2; doel: Handré Pollard 3, Jacques-Louis Potgieter-sy loopbaantotaal is nou 277 punte; straf: Pollard 4); Rebels 7 (drie/doel: Jack Debreczeni). Dit was mnr. Frans Ludeke se 132e Super-wedstryd as afrigter, wat ‘n nuwe Super-rekord is. Victor Matfield het in sy 138e Super-wedstryd gespeel en dit was sy 82e as kaptein – wat die rekord van Nathan Sharpe (Reds/Western Force) verbeter. Dit was Matfield, wat ook die SA rekord van 113 toetse hou, se 378e eersterangse wedstryd. Wener Kruger het in sy 108e wedstryd, sy 69e agtereenvolgens, gespeel.

 

Crusaders klop Highlanders 34-8: CRUSADERS 34 (drieë: Corey Flynn-20e drie, Matt Todd 2, Nemani Nadolo-sy 10e drie van dié seisoen; doel: Dan Carter; straf: Carter 4-sy Super-rekordtotaal is nou 1 566 punte – Todd Blackadder se 99e wedstryd as afrigter); Highlanders 8 (drie: Richard Buckman; straf: Hayden Parker – Jamie Joseph se 64e as afrigter). Mnr. Craig Joubert se 82e wedstryd as Super-skeidsregter. Die volgende Crusaders het meer as 100 wedstryde gespeel: Wyatt Crockett-138e, Kieran Read-106e, Andy Ellis-122e, Dan Carter-126e, Corey Flynn-148e. Chris King het in sy 121e wedstryd vir die Highlanders gespeel.

 

Waratahs klop Reds 34-3: WARATAHS 34 (drieë: Jonathan Lance, Kurtley Beale-23e en sy loopbaantotaal is nou 470 punte, Nick Phipps; doel: Bernard Foley 4; straf: Foley 2-sy loopbaantotaal is nou 273 punte); REDS 3 (straf: Mike Harris). Die volgende spelers het meer as 100 wedstryde gespeel vir die Reds: Greg Holmes 119e, James Horwill-103e, sy 61e as kaptein, Saia Faingaa-106e, en vir die Waratahs: Adam Ashley-Cooper-124e, Wycliff Palu-103e, Benn Robinson-125e, Tatafu Polota-Nau-118e.

 

Leeus klop Cheetahs 60-25 – dis die Leeus se grootste oorwinning nóg in die Super-kompetisie: LEEUS 60 (drieë: Andries Coetzee, Corné Fourie, Lionel Mapoe 3, Robbie Coetzee, Ross Cronjé, Warren Whiteley; doel: Elton Jantjies 7; straf: Jantjies 2-sy loopbaantotaal is nou 291 punte); TOYOTA CHEETAHS 25 (drieë: Cornal Hendricks 2, Willie le Roux-sy loopbaantotaal is nou 18 drieë; doel/straf: Johan Goosen 2-sy loopbaantotaal is nou 331 punte - wat die Cheetahs-rekord is.). Die Leeus het vanjaar sewe seges behaal, 367 punte aangeteken en 31 ligapunte ingeoes – wat hul seisoenbestes is. Die Toyota Cheetahs se 372 punte is naas dié van die Haaie die meeste onder die Suid-Afrikaanse spanne, terwyl hul 38 drieë verrewerg die meeste onder die SA spanne is. Máár, die Toyota Cheetahs se kwesbare verdediging is deur die teenstanders uitgebuit en 527 punte en 59 drieë is afgestaan, wat die meeste is. Die Toyota Cheetahs se vier oorwinnings is die minste in ‘n seisoen sedert 2009. Dit was Adriaan Strauss se 105e wedstryd en sy 63e as kaptein, terwyl dit Naka Drotské se 104e as Super-afrigter was.

 

Haaie klop Stormers 34-10: HAAIE 34 (drieë: Paul Jordaan, Sibusiso Sithole, Stefan Ungerer; doel: Frans Steyn 2; straf: Steyn 5-sy loopbaantotaal is nou 233 punte); STORMERS 10 (drie: Nizaam Carr; doel/straf: Kurt Coleman). Dit was Allister Coetzee se 81e Super-wedstryd as afrigter; Jaco Peyper het in sy 47e Super-wedstryd as skeidsregter opgetree. Spelers wat in. meer as 100 wedstryde opgetree het, is: Stormers – Peter Grant-104e; Haaie – Bismarck du Plessis-118e, Jannie du Plessis-130e, Willem Alberts-101e, JP Pietersen-110e

 

 

Luiperds blaas in Griekwas-nekke

 

Griekwas, enigste onoorwonne span en die voorloper, het komende naweek ‘n strawwer bult as die Luiperds om te klim in die laaste reeks wedstryde om vir die Premier-afdeling van die Curriebeker-kompetisie te kwalifiseer.

 

Griekwas (23 ligapunte), wat die Valke met 40-25 geklop het, en die Luiperds (22 punte), wat die Boland Kavaliers met 55-23 verslaan het, is in ‘n stryd om die agtste plek in die Premier-afdeling van die Curriebeker-kompetisie gewikkel.

 

Griekwas móét hul laaste wedstryd komende naweek teen die SWD Arende in George met ‘n bonuspunt-drie wen, om seker te maak hulle eindig bo die Luiperds, wat teen die Grens Bulhonde in Potchefstroom speel.

 

Op die oog af lyk dit of die Griekwas dus die naweek die taaiste taak teen die Arende het, wat derde beste tot dusver van die sewe spanne in die kwalifiserende reeks wedstryde gevaar het. Daarenteen speel die Luiperds teen die swakste provinsiale span in Suid-Afrika, die GHrens Bulhonde wat tot dusver groot slae op diemoyf geloop het.

 

Griekwas moet net seker maak hulle wen met ‘n bonuspunt-drie om tot die Premier-afdeling terug te keer.

 

Die laaste reeks wedstryde in die kwalifiserende reeks is (tuisspanne word eerste genoem):

 

Luiperds (2e) teen Grens-Bulhonde (7e).

Griffons (4e) teen Valke (6e).

SWD-Arende (3e) teen Griekwas (1e).

 

Die sewe spanne het tot dusver só gevaar (in die volgorde van wedstryde gespeel, gewen, verloor, gelykop, punte vir, punte teen, nettopunte tussen hakies, drieë gedruk, drieë afgestaan en ligapunte):

 

Griekwas……5-5-0-0-189-89-(100)-27-12-23

Leopards…..5-4-1-0-253-126-(127)-36-14-22

Arende……….5-3-2-0-151-188-(-37)-21-24-15

Griffons………5-2-3-0-154-193-(-39)-21-28-13

Boland……….6-2-4-0-140-156-(-16)-17-21-12

Valke……..….5-2-3-0-173-194-(-21)-23-27-10

Grens……..….5-0-5-0-103-217-(-114)-14-33-2

 

Die puntemakers die afghelope naweek is:

 

KIMBERLEY – Griekwas 40 (drieë: Marnus Schoeman 2, Boela Serfontein, Burger Schoeman, Tian Meyer 2; doel: Francois Brummer 5); Valke 25 (drieë: Riaan Arends, Juan Kotze, Andrew van Wyk; doel: Juan Kotze 2; straf/skep: Juan Kotze).

 

WELLINGTON - Boland 23 (drieë: Christian Rust, Franzel September; doel: Eric Zana 2; straf: Hugo 3); Luiperds 55 (drieë: Dillon Smit 2, Juan Language 2, Hoffman Maritz, Luther Obi 2, Sylvian Mahuza, Kobus de Kock; doel: André Pretorius 4, Maritz).

 

OOS-LONDEN – Grens Bulhonde 15 (drieë: Rynardt van Wyk, Lundi Ralarala; doel/straf: Coyi Banda); Griffons 41 (drieë: Norman Nelson, Werner Lourens, Boela Abrahams, Armandt Koster, Joubert Horn, Tertius Maarman; doel/straf: De Wet 2).

 

Vrystaat O. 20’s net onder teen WP

 

Die Vrystaatse Onder20-span het Saterdag op City Park in Kaapstad net-net teen die Westelike Provinsie met 17-20 aapstert gekry nadat hy met rustyd nog 10-5 voor was. ‘n Driekuns aan drieë deur Eital Bredenkamp, kaptein van die WP, het die Vrystaters se lot verseël.

 

Die puntemakers is:

Westelike Provinsie 20 (drieë: Eital Bredenkamp 3, Lihleli Xoli; Vrystaat 17 (drieë: Tertius Kruger, Tienie Burger; doel: Ruan Potgieter 2; straf: Potgieter).

 

Die wedstryd op Loftus Versfeld tussen die Blou Bulle en die Grens het in ‘n slagting ontaard deurdat die jong Ligbloues ‘n allemintige 21 drieë in die weghol-sege van 143 gedruk het.

 

Die wenners was rustyd reeds 63-0 voor, maar in die tweede helfte was die stortvloed-punte nóg groter: 80 punte!

 

Dié puntemakers is:

 

Blou Bulle 143 (drieë: Christiaan de Bruin, Dan Kriel, Dennis Visser, Ganfried May, Jacques Rossouw 2, Jade Stighling 2, Jan Enslin, Jannes Kirsten 3, Joshua Stander 2, JP Smith, Kefentse Mahlo 2, Marquit September 2, Neethling Fouché 2; doel: Kobus Marais 7, Joshua Stander 12); Grens 0.

 

Die jong Haaie het nie juis moeite gehad om die Luiperds in Durban met 37-17 ore aan te sit nie. Die Haaie het die stryd reeds voor rustyd beklink deur met 23-0 kante te ruil. Hoewel die Luiiperds die twedde helfte met 17-14 gewen het, het die Haaie end-uit die fort rotsvas verdedig.

 

Die puntemakers is:

 

Haaie 37 (drieë: Alcino Izaacs, Matthew Jones, Thembalethu Williams, Tyler Fisher; doel: Jean-Luc du Plessis 3, Jean Pretorius; straf: Jean-Luc du Plessis 3); Luiperds 17 (drieë: Dean Stokes, Mark Reinecke, Ryno Smith; doel: JJ du Plessis).

 

WP, Blou Bulle en haaie begin goed

 

Die gunstelinge om vanjaar die nasionale Onder 19-kompetisie te wen, die WP, Blou bulle en die Haaie, het almal hul bveldtog op ‘n hoë not begin.

 

Die WP het die Vrystaat se jonges met 50-26 in Kaapstad verslaan, veral danksy 25 skoppunte deur Ernst Stapelberg. Die Blou Bulle moes hard werk om die nuwelinge in die kompetisie, die OP Kings, met 27-17 te troef, terwyl die Haie die jong Luiperds met 32-17 verslaan het.

 

Die puntemakers is:

 

Westelike Provinsie 50 (drieë: Brendon Nell, Daniel du Plessis, Frans Roelf van Wyk 2, Leolin Zas; doel: Ernst Stapelberg 5; straf: Stapelberg 5); Vrystaat 26 (drieë: Abraham Burger, Lorenzo Gordon 2, Ox Nche; doel: André Swarts 2, Tyron Labuschagne).

 

BlouBulle 27 (drieë Jurie Linde 2, Philip Orffer, RG Snyman; doel: Dewald Human 3; straf: Human; OP Kings 17 (drieë: CJ Velleman, Tyler Paul; doel: Jason Vers, Tyler Paul; straf: Vers).

 

Haaie 32 (drieë: Ayron Schramm, Jean-Luc du Preez, Matthew Reece-Edwards 2; doel: Innocent Radebe 3; straf: Radebe 2); Luiperds 17 (drieë: Gideon van der Merwe, Rudolph van Deventer, Wessels Kuhn; doel: Chris Arries).

 

Vrystaat ruk hom reg op Akademie-week

 

Nadat die Vrystaters hul eerste twee wedstryde teen die WP (5-43) en die Limpopo Blou Bulle (19-23) verloor het, het hulle op die laaste dag van die SA Onder18-akademieweek in Worcester pragtig reggeruk en veral in die tweede helfte stukke beter spel gelewer om uiteindelik met 57-34 oor Namibië te seëvier. Rustyd was Namibië nog 20-19 voor.

 

Die puntemakers is:

 

Vrystaat 57 (drieë: Christiaan Schutte, Johan Steyn, Molefe Monama, Paul de Lange, Stefanus Wessels 3, Thokazani Ngodwana 2; doel: Schutte 4, De Lange 2); Namibië 34 (drieë: Cameron Langenhoven, Gino Wilson, Riaan de Klerk, Schalk Grobbelaar; doel: Cliven Loubser 4; straf: Loubser 2).

 

Die WP het met sy oorwinning van 38-7 oor die KZN n9ie net die toernooi onoorwonne afgesluit nie, maar ook gewys dat hy verreweg die sterkste kombinasie in Worcester was.

 

Die puntemakers in die ander wedstryde is:

 

Griekwas 41 (drieë: Adriaan Burger, Anvyre de Kock, Gustav Loots 2, Mickay Beukes, Renier Fortuin; doel: DJ Brand 4; straf: Brand); LSEN 27 (drieë: Adward Dirks, Cameron Julies, Jason Wessels, Matthew Alexander; doel: Johannes Visser 2; straf: Visser).

 

Grens 41 (drieë: Bubule Gongqa, Daniel Froneman, Geraldo Joseph, Johann Laubser, Lutho Selem; doel: Liam McLoughlin 5; straf: McLoughlin 2); Limpopo Blou Bulle 10 (drie: Pule Molokomme; doel/straf: Hardus Geldenhuys).

 

Pumas 26 (drieë: Eric Basson, Ian Truter, Lukhanyiso Makaula, Petrus Ramolotsi; doel: Brandon Parr-Bailey, Wessel Muller 2); Griffons 23 (drieë: Benji Muller, Louis Spershott 2; doel: Spershott; straf: Spershott 2).

 

SWD 44 (drieë: Chrisjan du Toit, Cian Wagenaar, Craig Booysen, Logan Stoffels, Lohan Potgieter, Riaan Kleyn, Taswin da Silva; doel: Maurice White 3; straf: White); OP Platteland 26 (drieë: Brendan Engelbrecht, Glen Flitoor 3; doel: Christiaan Nel 2, Gevanhier Blom).

 

Luiperds 76 (drieë: Adrian Snyman 2, Danie van Wyk, Francois Pelser, Gavin van der Berg, Jan Welgemoed 2, Johannes Pelser, Johannes Barnard, Katleho Thabanchu, Khotso Mohapi, Ofentse Magape; doel: Johannes ten Cate 5, Barnard 3); Grens Platteland 0.

 

Pumas Platteland 17 (drie: Ruan Viljoen; straf: Carl Jacobsy 3; skep: Carl Jacobsy); KwaZulu-Natal Platteland 5 (drie: Khuthuzani Mchunu).

 

Blou Bulle 7 (drie: Carlo de Nysschen; doel: Hendrik Mulder); OP 7 (drie: Yomelela Keswa; doel: Frederick Mattheus).

 

Boland XV 23 (drieë: Charl Hugo, Ruben Brandt; doel: Brandt 2; straf: Brandt); Rooi Valke 8 (drie: Samson Zimande; straf: Marnus Gruber).

 

Blou Valke 44 (drieë: Anthony Robertson, Austin Isaacs, Gerhardt Smit, Elvis Molefe, Rudolf Heenop 2, Teboho Mofokeng; doel: Heenop 2, Wernich Human; straf: Heenop); Griekwas 23 (drieë: Daniel Fourie, Ewan Marcus, Lorenzo Malgas; doel: Marcus; straf: Marcus, Gerhard Badenhorst).

 

Goue Leeus XV 53 (drieë: Andile Ngobe, Damian Diedericks, Hendré Saayman, Keketso Maphathe 2, Rashard Fuller, Siyabonga Mahlangu 2, Tatenda Zhoya; doel: Fuller 4); Griffons Platteland 15 (drieë: Phillip April, Thato Mojaki; doel/straf: Angeloo Pienaar).

 

Goue Leeus 31 (drieë: Sibusiso Mngomezulu, Tapiwa Mangwana, Tiaan Schutte 2; doel: Justin Taylor 4; straf: Taylor); Boland 23 (drieë: Gevin Scheepers, Jaydrin Kotze, Petrus Wiese, Zayne Farmer; straf: Cleo Adams).

 

WP 38 (drieë: André Manuel, Calvin Nell, Edward Marais, Michael Meyer, Sybrand du Toit, Taigh Schoor; doel: Danrich Visagie 3, Cornel Smit); KZN 7 (drie: Hayden Tharratt; doel: Bader-Werner Pretorius).

 

Onder18-Cravenweek in Middelburg

 

Die Westelike Provinsie het gister op die eerste dag van die 51e Cravenweek-toernooi vir Onder18-spanne ‘n opwindende hoofwedstryd teen die gasheer, Pumas, naelskraap met 33-32 gewen, danksy die akkurate skopskoen van sy heelaghter, Tiaan Steenkamp, wat 18 punte aangeteken het. Die Pumas het vier drieë teenoor drie van die WP gedruk.

 

Ons noordelike buurman en vennoot in die Super-franchise, die Griffons, het die Grens met 47-20 verslaan. SWD het verras deur die KZN met 18-13 te klop, die Limpopo Blou Bulle het die Griekwa-platteland met 25-19 verslaan en die OP Platteland het Zimbabwe 54-43 uitoorlê.

 

In vandag se hoofwedstryd om 15:30 speel die sterk spanne van die Vrystaat en die Leeus teen mekaar. Die res van vandag se program is: 10:10: Griekwas teen Grens-platteland; 11:30: Namibië teen die Luiperds; 12:50: Valke teen Boland; 14:10: Blou Bulle teen OP.

 

Zimbabwe speel in Repechage

teen Rusland

 

Zimbabwe wat net-net deur Namibië verlede week om die Afrikabeker geklop is, sal nou saam met Rusland, Hongkong en Uruguay in die eerste van twee Repechage-wedstryde teen Rusland in Krasnoyarsk speel. Hongkong en Uruguay sal in Montevideo teen mekaar speel.

 

Die wenners van dié twee wedstryde sal sake uitspook om die laaste plek in 2015 se Wêreldbeker-toernooi in Brittanje. Dié wenner sal in Groep A saam met Australië, Engeland, Wallis en Fidji speel.

 

Aan die einde van dié Repechage-wedstryde sal 3 000 spelers van 83 lande in 203 kwalifiserende wedstryde vir aanstaande jaar se WB-toernooi gespeel het.

Share this article: