Posted on Tuesday, 25 Sep 2012
Middelburg Sewes Rugbytoernooi 2012
Die afrigter, Eddie Fredericks, het die onderstaande span gekies om die Vrystaatse Rugby-Unie te verteenwoordig op die Middelburg Sewes Rugbytoernooi van 21 – 22 September 2012. Die span was saamgestel uit die Vrystaat oefengroep wat gekies was na die Vrystaat Sewes Rugbyproewe.
1 |
Fanie van der Walt |
2 |
Meokoa Bolofo |
3 |
Donovan Ball |
4 |
Darren Colby |
5 |
Christoff Swanepoel |
6 |
Johan van Schalkwyk (K) |
7 |
Alec Mahlangu |
8 |
Francois Harvey |
9 |
Jonét Jansen |
10 |
Dean Kaprihanoff |
11 |
Oscar Limami |
12 |
Sethu Tom |
Die span het gemengde welslae in die groep afdeling van die kompetisie behaal en wen slegs een van hul drie wedstryde. Die standaard was baie hoog en die span het baie goed vertoon as in ag geneem word dat ons die oggend van die toernooi vertrek het en reeds om 13:20 ons eerste wedstryd moes speel.
Vrystaat vs ILIFA Buffalos
Vrystaat oorheers die wedstryd en was voor na die sirene reeds afgegaan het. Die skeidsregter het toe ‘n strafskop aan die ILIFA Buffalos toegeken en hulle teken ‘n drie aan omdat ons konsentrasie op verdediging verloor het. Die finale telling was 15 -19 in die guns van die opponente.
Puntemakers:
Johan van Schalkwyk 1 drie
Christoff Swanepoel 1 drie
Alec Mahlanga 1 drie
Vrystaat vs Goshawks (Zimbabwe)
Vrystaat vergoed vir hul verloor in die eerste wedstryd en speel baie goeie rugby in die wedstryd. Hulle verniel die Goshawks met ‘n oorwinning van 31 – 0.
Puntemakers:
Johan van Schalkwyk 1 drie
Christoff Swanepoel 1 drie en 3 doelskoppe
Joné Jansen 1 drie
Sethu Tom 1 drie
Dean Kaprihanoff 1 drie
Vrystaat vs Blou Bulle
Vrystaat oorheers hierdie fisiese wedstryd en loop 14 – 0 voor halftyd. Die span verloor egter egter konsentrasie in die tweede helfte en die Bulle teken drie verdoelde drieë aan loop 21-14 voor teen die einde van die wedstryd. Vrystaat toon veggees en teken ‘n drie aan na die sirene en en die wedstryd kon gelykop eindig, maar die doelskop is verbrou. Die Bulle wen 21 – 19.
Puntemakers:
Christoff Swanepoel 1 drie en 2 doelskoppe
Darren Colby 1 drie
Alec Mahlanga 1 drie
Vrystaat eindig derde in hul Groep en speel in die uitkoprondtes vir die ‘Bowl’ en Skildtrofees. Vrystaat speel teen Botswana in die kwarteindronte.
Vrystaat vs Botswana (Kwarteindwedstryd)
Vrystaat oorheers hierdie wedstryd en wen Botswana 27 – 7. Hierdie wedstryd het ons span se onvermoë om drieë te verdoel ontbloot en die aspek moet aandag kry voor die Inter-Provinsiale Sewes Rugbytoernooi in Pretoria later vanjaar.
Puntemakers:
Alec Mahlanga 1 drie
Dean Kaprihanoff 1 drie
Johan van Schalkwyk 1 drie
Sethu Tom 1 drie
Joné Jansen 1 drie
Christoff Swanepoel 1 doelskop
Vrystaat vs Namibië (‘Bowl’ Semi-Finaal)
Vrystaat wen hierdie wedstryd en verloor in die proses drie spelers met beserings. Oscar Limani breek se been en Meokoa Bolofo en Dean Kaprihanoff moes albei steke aan die mond kry. Vrystaat loop 25 – 7 voor halftyd en wen die wedstryd 34 -14 en dring deur na die Finale wedstryd van die ‘Bowl’ afdeling.
Puntemakers:
Meokoa Bolofo 1 drie
Johan van Schalkwyk 2 drieë
Fanie van der Walt 2 drieë
Sethu Tom 1 drie
Christoff Swanepoel 2 doelskoppe
‘BOWL’ FINAAL
Vrystaat vs Goshawks (Zimbabwe)
Alhoewel ons die span 31 – 0 gewen het in die groepfase van die toernooi was dit belangrik dat ons nie oorgerus moes wees nie. Dié span van Zimbabwe het goed gedoen om tot in die finaal te vorder. Vrystaat het egter drie spelers aan besering verloor en die afrigter kon daarin slaag om twee spelers vir die span te leen by Namibië. Herman Ströh en Arthur Bouwer het as plaasvervangers vir Vrystaat in die wedstryd begin. Die twee spelers se ondersteuning vir Vrystaat was duidelik sigbaar en het onbeskaamd aangedui dat dit vir hulle ‘n groot voorreg is om vir ons provinsie diens te doen.
Die Goshawks is inderdaad ‘n ander span in die finale wedstryd en teken twee verdoelde drieë teen Vrystaat aan. Vrystaat wen die wedstryd 24 – 14 en wen sodoende die ‘Bowl’ afdeling van die toernooi.
Puntemakers:
Sethu Tom 1 drie
Christoff Swanepoel 2 doelskoppe
Darren Colby 1 drie
Arthur Bouwer 1 drie
Joné Jansen 1 drie
Slotopmerkings
Vrystaat is ‘n baie gewilde span in die deel van Suid-Afrika en die Toernooi organiseerders het aangedui dat hulle ons volgende jaar weer wil uitnooi. Dit is my beskeie opinie dat die toernooi ‘n baie goeie aanduiding vir die afrigters gee wie die provinsie kan verteenwoordig by die Inter-Provinsiale Toernooi.
Baie geluk ook aan die Blitsbokke wat die bekerafdeling teen Wallis gewen het.