Posted on Wednesday, 13 May 2015
Willie Britz sal na afloop van die SupeRugby seisoen aansluit by die Shining Arcs in Japan. Willie sal weer terug wees by die Toyota Cheetahs vir die 2016 Rugby seisoen.
Vrystaat Rugby is bly vir die geleentheid wat hy gekry het om ‘n ander kultuur en rugby in Japan te leer ken en wens hom sterkte toe. Ons sien uit na sy terugkoms vir SupeRugby in 2016.